Vrydag , Desember 13 2019
Home / Afrikaanse flieks en Teater / Splinternuwe Afrikaanse Christelike animasie reeks wen internasionale animasie kompetisie!

Splinternuwe Afrikaanse Christelike animasie reeks wen internasionale animasie kompetisie!

Op 20 DESEMBER 2019 word episode 1 van ‘n splinternuwe Afrikaanse Christelike animasie-reeks genaamd SUPERHELD 101 vrygestel. Dié episode was oor ‘n tydperk van 15 maande vervaardig.

Maar wat die reeks net nog meer spesiaal maak, is dat dit onlangs eerste plek gewen het in die Animation@Work 2019 animasie kompetisie in die besigheids afdeling. Dié kompetisie word jaarliks gehou waar “animators” van reg oor die wêreld teen mekaar meeding vir dié gesogde prys.

“Ek is nogals baie trots op hierdie toekenning”, het Eon gesê, “want dis ‘n Afrikaanse animasie wat wêreldwyd erken word.”

Die toekoms vir Superheld101 lyk beslis belowend, want nie het die reeks sy eerste toekenning losgeslaan nie, maar die maatskappy wat die animasie sagteware vervaardig waarmee Superheld101 vervaardig word, gaan self van hulle kant af dié reeks help bevorder deur hulle internasionale kontakte en platforms. Dit beteken dus dat Superheld101 vroeg 2020 ook in Engels vertaal gaan word.

SOSIALEMEDIASKAKELS

Webblad

Facebook

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Maroela Media spog nou met eie liedjie!

Nuus is, net soos musiek, iets wat nooit uit die mode gaan nie. Dit trek …

Nuwe aanstellings by Kunste Onbeperk!

Lizané Basson is aangestel as die nuwe algemene bestuurder en Jenna-Leigh Bilong as die nuwe …