Woensdag , Augustus 21 2019
Home / Afrikaanse flieks en Teater / Splinternuwe Afrikaanse Christelike animasie reeks beskikbaar 20 Desember 2019!

Splinternuwe Afrikaanse Christelike animasie reeks beskikbaar 20 Desember 2019!

Op 20 DESEMBER 2019 word episode 1 van ‘n splinternuwe Afrikaanse Christelike animasie-reeks genaamd SUPERHELD 101 vrygestel. Dié episode was oor ‘n tydperk van 13 maande vervaardig.

Superheld 101 gaan oor drie normale kinders, Simon, Dawid en Mari, wat graag soos hul strokiesprentheld Kaptein Ligweg wil wees. Nes Kaptein Ligweg wil hulle ook graag skelms en slegte mense veg om die wêreld ‘n beter plek te maak, maar omrede dié drie geen superheld eienskappe het nie, en maar bloot net kinders is, jaag hulle meer aan as wat hulle enigsens iets goeds doen. Die animasie reeks beloof om groot vermaak te verskaf aan beide kinders sowel as ouers.

Episode 1 van Superheld 101 sal digitaal beskikbaar wees op www.tweenovate.com en kan op enige Smart-TV, rekenaar, slimfoon of tablet gestroom word. Dit maak die reeks soveel meer toeganklik vir kinders, want hulle kan die episode selfs op ‘n selfoon of tablet kyk.

Maar wat Eon de Bruin, die vervaardiger van Superheld 101 ongeweldig opgewonde maak, is die feit dat die maatskappy Reallusion, die vervaardigers van die animasie sagteware wat gebruik is om die reeks te vervaardig, hulle volle ondersteuning gee en selfs Superheld 101 internasionaal gaan bemark op hulle platforms en by hulle kontakte in die animasie wêreld. Dit beteken dan ook dat Superheld 101 vroeg in 2020 vertaal gaan word in Engels om sodoende te voorsien aan hierdie internasionale belangstelling. Watse deure vir dié animasie reeks oopgemaak gaan word deur hierdie geleentheid sal ons maar nog moet wag en sien.

Hier is tans die eerste voorsmakie van Superheld 101. Die amptelike lokprent van episode 1 sal vroeg Oktober vrygestel word.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Nuwe Quentin Krog-rolprent, ANDER MENS, hierdie naweek op die grootskerm!

Vanaf 23 Augustus 2019 is Bennie Fourie, Marlee van der Merwe, Frank Opperman, James Borthwick, André Weideman, Laudo Liebenberg, Tim Theron, Jana Cilliers, Lika …

DIE-anner-LEWE: ‘n Teater aand met spookstorie vertellings en sang!

Verbeel jou, dit is ‘n donker aand daar buite. Jy en ‘n paar gaste sit …