Spesiale 1925Band vertoning in Kaapstad!

107

Die 1925Band, wat bestaan uit drie super-talentvolle broers, se langverwagte album, Eintlik Nogal Baie, word in September 2017 vrygestel.

Die naam van die album, Eintlik Nogal Baie, was ook die tema-lied van die gelyknamig film wat in November 2016 uitgereik is. Die liedjie het die nommer een posissie op verskeie radiostasies in Suid-Afrika se trefferparades behaal, die film is internasionaal versprei en 1925Band het ook onlangs die temalied in Spaans gekomponeer.

Reno, Jeff en David-Lee Gericke het in 2010 besluit om professioneel te begin musiek maak en het ‘n platekontrak by Storm Rekordz losgeslaan.  Die Moederstad is tans hul heenkome, maar hulle toer gereeld deur die land vir optredes.

Op Vrydag 25 Augustus, het die 1925Band ‘n spesiale “Goue Oues” familie-vertoning by die Rockwell Teater in Kaapstad.

Die vertoning begin 19h00 en kaartjies is beskikbaar by Ticketweb.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments