Spesiaal vir Moedersdag: Elizma Theron skryf liedjie vir haar kinders

278

Om ‘n Mamma te wees is seker een van die grootste geskenke van bo, en alhoewel ‘n mamma soms harde bene kou, bly dit ‘n seën wat mens nie sal verruil vir enige iets nie. “As ek weer kon kies … kies ek dit weer!”

Spesiaal vir Moedersdag hierdie komende Sondag deel ons Elizma Theron se splinternuwe video,”Ek kies dit weer”, wat sy spesiaal vir haar kinders geskryf het.

“Ek kies dit weer het ek geskryf vir my twee kinders, Eli-zé en NJ. Om mamma te wees is nie altyd maklik nie, en die verantwoordelikheid oorweldig my soms, veral omdat mens nooit weet of jy dit reg doen nie. So al wat ek kan doen is op my knieë bly en bid vir leiding en geduld en genade om hulle te help vorm in die mense wat hulle bestem is om te wees.

Ek verruil dit vir niks, die voorreg om hulle mamma te wees is my grootste seën. Die moeilik, die maklik, die goed, die sleg, die lag, die huil…Ek kies dit alles weer.”

Kyk die video hier:

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Advertensie