Friday , February 26 2021

Sorina se nuwe album – Hoofletters!

Die titel van Sorina se nuwe album is: HOOFLETTERS. 

Die rede? Élke naam in hierdie wêreld begin daarmee. Élke nuwe sin wat geskryf word, begin daarmee. Dit wat jy wil uitroep, uitskree, uitbasuin of uitspel doen jy in HOOFLETTERS! Screen Shot 2015-10-06 at 15.38.42

As jy vir iemand wil sê hoe báie jy daardie persoon liefhet, dan skryf jy dit in HOOFLETTERS. ‘n Hoofletter maak ‘n statement, dit sê iets belangrik, dit sit aansien en krag in woorde. En as daardie woorde boonop woorde is wat sê “EK HET JOU LIEF IN HOOFLETTERS” dan wéét jy dat daardie liefde nóóit sal vergaan nie.

Sorina het ook op haar Facebook bladsy hierdie week aangekondig dat die video vir “HOOFLETTERS” hierdie week vrygestel sal word, en dat dit ’n groot verrassing insluit… Hou hierdie spasie dop!

HOOFLETTERS speel klaar op van die land se grootste radiostasies. Die album sal binnekort beskikbaar wees. 

Hier is haar nuwe musiekvideo, laat gerus jou kommentaar oor wat jy dink daarvan!

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Brendan Peyper – Dis alles jy nuwe enkelsnit!

Met meer pret en lighartige liedjies soos “Lekkerder op my Trekker” en “Vasdanslyf ” op …

10 miljoen trefslae vir Boerepompie!

Op 7 April 2020 word die treffer Hardekole (Ricus Nel ft. Refentse, Adam Tas & …