Woensdag , Augustus 15 2018
Home / Afrikaanse Musiek / Snotkop se nuwe album ‘Sous’ nou uit!

Snotkop se nuwe album ‘Sous’ nou uit!

Snotkop het ‘n soliede reputasie van albums wat so oorloop van lekkerkry dat dit voel of dit onwettig behoort te wees. Sy kraakvars nuwe vrystelling, “SOUS”, is geen uitsondering nie!

Van die eerste pols tot die laaste eggo in die 13 snitte wat die album beslaan is dit duidelik dat hierdie ‘n gekonsentreerde sous, propvol Snotkop-oemf is: ritmies, selfversekerd, tong in die kies, meer as net ‘n bietjie stout, bekkig en braaf!

Daar’s dik baslyne wat enige iets binne dieselfde skakelkode as jou kuier sal skud, met ‘n gesonde dosis techno, afgewissel met meer akoestiese oomblikke, en selfs ‘n brokkie reggae en ‘n tikkie sakkie-sakkie hier en daar – iets wat ewe tuis sal wees by ‘n sokkie dansvloer, klub of ‘n strandpartytjie vir die boeke.

Meeste van die snitte het hope tempo en skop, maar daar’s ook ‘n paar wat rustiger is vir bietjie asemskep… vir diegene wie se partytjie-lywe bietjie oefening nodig het.

Die snitte op die album getuig van ‘n ou wat wéét hoe om te jol en bes moontlik net slaap wanneer dit nou régtig moet. Dit sluit “Souserig”, “Kortbroek en plakkies”, “Dik in Desember”, “Dropit soos ‘n Disprin”, “Jy raas”, “Jeukerig”, “Plat plaasmatras” en “Proe soos naweek” in.

Een ding is vir seker: As jy nie met ‘n glimlag op jou bakkies geplak staan en groove saam met die ritmes van hierdie album nie, is jy waarskynlik besig om, onwetend, eintlik na iets anders te luister!

Sous is nou op Apple Music beskikbaar. Met meer as 45-miljoen liedjies bied Apple Music ‘n gratis proeftydperk van drie maande, sonder advertensies of enige verpligting om ‘n intekenaar te word.   Apple Music is op iPhone beskikbaar en kan ook van Goolge Play afgelaai word vir Android-fone.

‘n Hoogtepunt tans op Apple Music is die musiekvideoblad. Dié bladsy bevat onder meer jou gunsteling plaaslike en internasionale video’s, eksklusiewe musiekvideo-speellyste en die beste nuwe Afrikaanse musiekvideo’s.   Ook, sonder enige advertensies.   Snotkop se nuwe musiekvideo “Souserig” is nou ook op Apple Musiek.

Kry sy album nou!

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Martin Bester wil net wees wie hy is, sonder toestemming!

Net wanneer jy dink dat Martin Bester jou nie nog meer kan beïndruk nie, verras …

Leon Gropp stel nuwe musiekivdeo op unieke wyse bekend!

Leon Gropp se eerste solo-enkelsnit, BAKENLIG, is reeds ‘n paar weke gelede met groot sukses …