Woensdag , Junie 19 2019
Home / Afrikaanse Musiek / Simeon – My alles jy

Simeon – My alles jy

Simeon is geen onbekende in die vermaakbedryf nie en sy vaardighede ken geen perke nie!  Hy is musikaal, nederig en talentvol en oral waar hy gaan laat hy blywende indrukke.

“Ek het een oggend voor die klavier gaan sit. Dis ‘n instrument wat ek nog eintlik moet leer speel, maar tussendeur die gesukkel van wit en swart note het My Alles Jy sy lewe gekry.4 PAGE BOOKLET FOR CD OR DVD.cdr

Die lied kombineer die gevoel van verlange en ook die opwinding van die liefde. Wanneer ‘n mens werklik lief is vir iemand sal jy enigeiets doen om by hom of haar uit te kom en te wees.  Die feit dat ek al die voorreg gehad het om bietjie te kon reis kom ook deur in die liedjie.

Ek het eers onlangs die banjo begin speel. Dit is nogals ‘n uitdaging vir my aangesien dit nie soos ‘n kitaar gestem word nie. Ek geniet dit geweldig en het toe opgekom met die “riff” wat vir My Alles Jy ‘n mooi “folk / country” jassie aangetrek het.

Ek hoop julle hou van my nuutste enkelsnit en dat My Alles Jy ander mense se stories ook sal vertel.” – Simeon Hamman

Luister gerus na sy liedjie hier:

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Jauni M se debuut-album sal by almal aanklank vind!

Daar is min sangers wat veelsydig genoeg is om ’n impak te hê in verskeie …

Boerepompie deur RICUS NEL ft. SNOTKOP!

Ricus Nel het ‘n baie unieke talent om nuutskeppings en nostalgie tussen twee omslae te …

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.