Woensdag , Augustus 15 2018
Home / Afrikaanse Musiek / Sharoney stel nuwe musiekvideo bekend!

Sharoney stel nuwe musiekvideo bekend!

Sharoney, se nuwe enkelsnit, CRUSH, kan gereeld op radiostasies landswyd gehoor word en die musiekvideo vir hierdie liedjie is ook pas die afgelope naweek bekendgestel!

CRUSH is ’n tipiese hoërskoolmeisieliedjie. Elke meisie was al verlief, veral op skool. Soms bly hierdie spesifieke outjie jou ‘crush’ vir nog lank na matriek. Dit gee jou skoon vlinders in die maag as jy aan hom dink. Jy bloos as hy met jou praat en soms kan jy nie help om net te glimlag as jy sy naam sien nie,” vertel die sangeres oor hierdie snit uit die pen van Hugo Ludik en Kyle Grant. “Die liedjie het my onmiddellik getrek omdat ek self al ’n ‘crush’ gehad het op iemand toe ek jonger was. Dit beskryf so mooi hoe ek op daardie spesifieke tyd gevoel het, maar toe het ek nie die regte woord gehad om dit vas te vang nie.”

Die musiekvideo is vervaardig deur Fathom Media en Sharoney was self verantwoordelik vir die konsep.

Dié lekkerluistertreffer bou voort op die ritmiese popmusiekstyl waarvoor die sangeres bekendheid verwerf het en nooi jou uit om spontaan saam te sing of ’n draai op die dansvloer te gaan maak.

CRUSH is die derde vrystelling vanaf haar nuutste album, Skyn, wat in 2018 benoem is vir ’n Ghoema-toekenning vir Beste Popalbum Deur ’n Vroulike Kunstenaar. Die titelsnit is baie goed ontvang en het die nommer 1-posisie op Lekker FM se treffersparade beklee. Verder was dit ook verskeie weke onder die top 10 op Bosveldstereo se Afrikaanse Top 20, die kykNET Top 20 en VCR se Baanbrekers.

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook

Twitter: @Sharoneymedia

Instagram: @sharoney01

Web

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Martin Bester wil net wees wie hy is, sonder toestemming!

Net wanneer jy dink dat Martin Bester jou nie nog meer kan beïndruk nie, verras …

Leon Gropp stel nuwe musiekivdeo op unieke wyse bekend!

Leon Gropp se eerste solo-enkelsnit, BAKENLIG, is reeds ‘n paar weke gelede met groot sukses …