Maandag , September 16 2019
Home / Afrikaanse Musiek / Sestien van SA se gewildste kunstenaars op een verhoog met Krone 6!

Sestien van SA se gewildste kunstenaars op een verhoog met Krone 6!

Die uiters gewilde Krone-konsertreeks word vanjaar vir die sesde agtereenvolgende jaar aangebied met die land se gewildste kunstenaars op een verhoog. In die maand van Augustus kan gehore in Kaapstad sowel as in Pretoria hulle gereed maak vir ’n onvergeetlike aand van heerlike saamsing-treffers. Met groot sterre soos Theuns Jordaan, Dirk van der Westhuizen en Lianie May wat vir die eerste keer hul buiging op die Krone-verhoog maak, sal aanhangers moet wikkel om hul kaartjies betyds te bespreek. 

Van die ander kunstenaars waarna uitgesien kan word is Kurt Darren, Juanita du Plessis, Manie Jackson, Brendan Peyper, Elandré, Refentse, Elizma Theron, Nicholis Louw, Ricus Nel, Andriëtte, Liezel Pieters, Snotkop en Robbie Wessels. Hulle gaan gehore met plaaslike en internasionale ranglys-treffers te bekoor. 

“Ek sien uit daarna om saam met al die kunstenaars te werk en op te tree. Ek en Brendan is groot vriende en hy het gesê dit is ’n moewiese jol, so ek sien ongelooflik baie uit daarna. Ek gaan ook vir Nicholis Louw vir die eerste keer ontmoet,” vertel die partytjiekoning Dirk van der Westhuizen.

2019 se Krone-konsertreeks skop op Saterdag 3 Augustus om 19:00, en Sondag 4 Augustus om 14:00 by die Grand Arena, GrandWest in Kaapstad af. Krone-aanhangers kan daarna reg maak vir die konsert in Pretoria op Vrydag 16 Augustus, om 19:00, Saterdag 17 Augustus (wat reeds uitverkoop is) om 18:00, en Sondag 18 Augustus met ’n vertoning wat om 14:00 sal plaasvind.

Die talentvolle Ricus Nel het vertel dat hy baie uitsien na die konsert. “Dis vir my wonderlik om self op die verhoog te wees. Maar nog lekkerder is om langs die verhoog te staan en al my mede-kunstenaars se talent te aanskou en natuurlik te sien hoe die gehoor saam sing en jol. Wat ’n voorreg,” het hy gesê.

Ricus en sy ewe gewilde Krone-medekunstenaar, Snotkop, se splinternuwe enkelsnit Boerepompie is onlangs vrygestel en aanhangers is gaande daaroor. Hierdie wenkombinasie het gesorg dat aanhangers lekker kan saamsing en dans op die klanke van die trekklavier.

Lianie May het vertel: “Dit is ’n voorreg om deel te wees van een van die grootste jols in Suid-Afrika en om saam met al my mede-kunstenaars, wat great vriende is, te sing. Ek sien ook geweldig uit daarna om al die ongelooflike Kronefans te sien en saam te kuier. Ek glo dit is ’n groot belewenis.“

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

`n Goeie jaar vir die sangeres Janie Bay.

“Amper Daar” nommer 1 op Jacaranda FM SA Top 20, Groot FM, Maroela en Joox.Goue …

Taye Brink stel nuwe musiekvideo bekend!

Die talentvolle en pragtige Taye Brink van Boksburg het onlangs die musiekvideo vir haar tweede …