Sangeres gee die JA woord!

2091

Die afrikaanse sangeres Talana Vuren het pas op haar sosiale media platforms bekend gemaak dat sy verloof geraak het aan haar duitse kêrel van die afgelope 3 jaar.

Talana, is voormalige lid van die immergewilde groep Mwah en het haar eerste solo debuut album vroeg in 2017 vrygestel waarna sy genomineer was vir twee Ghoema toekennings.

2018 Begin vir haar met baie opwinding! Sy sing nie net nie, maar hou haar lyf deesdae skrywer vir die vroue tydskrif BLOSS Magazine en doen ook motiverings praatjies waar sy gesels oor haar rebelse dae en hoe sy weer haarself gevind het. Sy werk ook tans saam met Universal Musiek aan haar splinternuwe enkelsnit ‘Deur die Vure’ wat binnekort vrygestel gaan word en om haar jaar beplanning te voltooi, ‘n lekker troue !

Talana het haar hart in 2015 op Walter Kuhn, ‘n ouditeur, verloor en beide het met die eerste oog opslag geweet dat hulle bedoel is vir mekaar. Sy het haar liefde vir Walter ook op haar album uitgestraal met die liedjie “ Dear God I Thank You for this man” wat mense se harte gesteel het. Hulle is nie skaam om te wys dat hulle ‘n baie hegte en sterk verhouding het nie. Met wêrelde so verskillend van mekaar maak hulle die perfekte paartjie waarna baie opkyk.

Ons wens vir Talana en Walter baie geluk met hul verlowing en weet dat hulle baie gelukkig sal wees.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Advertensie