Woensdag , November 14 2018
Home / Afrikaanse Musiek / Samantha Leonard stel musiekvideo bekend!

Samantha Leonard stel musiekvideo bekend!

Samantha Leonard se eerste Afrikaanse enkelsnit, ’N DUISEND KEUSES, is gedurende September 2018 vrygestel en is reeds besig om die trefferparades van radiostasies landswyd te klim!  Die musiekvideo vir hierdie treffende liedjie is vandag bekendgestel.

Die video is in ‘n moderne eksklusiewe huis in Ebotse Country & Golf Estate in Benoni verfilm en deur die bekende span van Fathom Media vervaardig.   Samantha het self die konsep uitgewerk.  “Dit was vir my belangrik om my enkelsnit, wat die fondasie is van my album, van die begin af eerlik te hou wanneer dit kom by die skryf van die liedjie asook die visuele kant van die musiekvideo daarvoor.  Ek wou seker maak dit kom uit ‘n ware plek en vertel my storie deur my eie oë as kunstenaar van waar ek op hierdie punt van my lewe en loopbaan staan”, sê Samantha.

Die konsep van die video is om die stryd van ‘n kunstenaar in die moderne sosialemedia klimaat te wys waar soveel aandag op beeld en opinies geplaas word.  Haar verskyning in die video terwyl sy besig is om voor te berei vir ‘n fotosessie in ‘n opwindende eksklusiewe huis fokus op die uitdaging om ‘n publieke persoon te wees en ‘n private persoon.

“Deur hierdie storie wil ek ander inspireer wat dalk dieselfde pad stap of moedeloos voel om nooit op te gee ten spyte van al die struikelblokke en opinies wat na ons kant toe gegooi word nie.  Om te onthou dat jy nie op ander om jou kan staat maak om jou drome waar te maak nie.  Dis iets wat net JY vir jouself kan doen.  Wees altyd getrou aan jouself en jou waardes waarop jy staan en in glo”, sluit Samantha af.

‘N DUISEND KEUSES is die titelsnit van haar debuut-album wat vroeg in 2019 uitgereik sal word.

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook

Twitter: @samleonard_1

Instagram: @samanthaleonard_artist

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

2ndLife stel splinternuwe enkelsnit en musiekvideo bekend!

Hou vas jou hart!  2ndLife het pas ‘n splinternuwe enkelsnit en musiekvideo, WIE EK IS, …

David Fourie se liedjie “Jy soen soos ’n engel” in Nederlands

Wat dink jy van Jaimy se weergawe van David Fourie se liedjie? Deel jou kommentaar …