Saterdag , Februarie 29 2020
warmmusic.net

Samantha Leonard stel derde enkelsnit en video vry!

Die gewilde sangeres, Samantha Leonard, het pas haar nuutste enkelsnit en musiekvideo, Vat ‘n Kans, vrygestel. Dit volg op treffers soos ‘n Duisend Keuses en Jou Hart Sal Heel Raak wat steeds baie gewild is onder aanhangers en trefferparades van radiostasies landswyd.

Vat ‘n Kans kom uit my eie pen en hart. Ek het self deur ‘n baie moeilike verhouding gegaan, waar iemand wat ek met my hele hart vertrou het, my baie seer gemaak het. Na so ervaring voel mens soveel emosies, asof mens nooit weer liefde sal kan vind nie. Maar dis altyd wanneer jy dit die minste verwag, wanneer iemand spesiaal in jou lewe kom, jou trane afvee en jou hart weer van vooraf gelukkig maak. Onthou, al het jy seer gekry, vat daai kans, dalk is dit die regte een vir jou,” vertel Samantha.

Die enkelsnit is deur Muse Productions opgeneem en Ryno Mans van RM Productions, tesame met Samantha, het die regie van die musiekvideo behartig.

Samantha was die brein agter die konsep van die video en die idee was om ‘n persoonlike ervaring uit te beeld in haar lewe soos al haar liedjies op die album doen.
“Die musiekvideo is by twee plekke geskiet. Ons was eerste by die pragtige ALLURE BEAUTY & SPA, ‘n juweel in die hart van Benoni, waar jy my en my vriendinne altyd sal sien regmaak vir ‘n lekker aand uit of voor elke funksie en optrede. Daarna was ons by ‘n private huispartytjie, waar ons as ‘n groter groep bymekaar gekom het, nuwe mense ontmoet het en op die ou einde liefde tussen mekaar vind.  Ons wou baie graag ‘n kar-toneel met ‘n drone skiet, maar ons het skaars begin, toe vlieg die drone in ‘n boom vas, so toe moes ons daardie idee maar laat gaan. Maar als het op die einde toe mooi uitgewerk,” voeg Samantha by.

SOSIALE MEDIA SKAKELS
Facebook
Twitter: @samleonard_1
Instagram: @samanthaleonard_artist


Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Nog ’n komiese musiekvideo vir Robbie Wessels!

Enkele weke nadat Robbie Wessels se musiekvideo vir sy enkelsnit, Khoi and Son, vroeg in …

Corne Louw vier sy beter helfte in nuwe enkelsnit!

“Die liedjie gaan oor iemand wat op breekpunt is. Dan kom daar ’n persoon in …