Woensdag , Maart 27 2019
Home / Afrikaanse Musiek / Saarkie se nuwe enkelsnit it hier!

Saarkie se nuwe enkelsnit it hier!

Die immers gewilde rock-groep, SAARKIE, het pas hulle nuwe enkelsnit, Suidwes-Afrika vrygestel. Hierdie treffer volg in die suksesvolle voetspore van hulle vorige vrystellings, Vir Altyd en Langpad, wat vir weke op trefferparades landswyd gepronk het.

“Ons avonture gee vir ons inspirasie vir ons liedjies –  ons het die Visrivier Canyon in Namibië gaan stap wat 90km in totaal is.  Meer as die helfte van die groep het verdwaal en vir 3 dae weggeraak sonder kos of water!  Hulle is uiteindelik gevind en dit was baie traumaties vir almal,” vertel Lila, die drommer van die groep.  

Die lied is  geskryf deur Adèle Fouché, Lila Botha en voormalige lid, Erika Pretorius.

“Die lied sal altyd vir ons spesiaal bly omdat dit ‘n lewenservaring was wat ons altyd sal onthou.  Die Canyon is ongelooflik mooi en ons het die staptoer vreeslik geniet.  Toe ons vriende nie by die eindpunt aangekom het teen sonsonder nie, het ons geweet iets is verkeerd.  Baie mense het gehelp soek na hulle en ons was so bly toe almal veilig terug is. Die liedjie is spesiaal want dit was hoe ons gevoel het op daardie oomblik toe almal na hulle gesoek het,” voeg Lila by.

SAARKIE bestaan uit Adèle Fouché (kitaar- en mondfluitjiespeler, voorsanger en liedjieskrywer), Lila Botha (dromspeler en agtergrondstem) en Mjön van Blommestein (baskitaar-, ukulele- en mondfluitjiespeler, agtergrondstem, en mede-liedjieskrywer) en vier vanjaar hulle tiende bestaansjaar.  Hulle word beskou as een van die mees suksesvolle rockgroepe in die land.  

Die Saarkies het bekendheid verwerf vir hulle energieke elektries-akoestiese styl en is oor die jare vir verskeie Ghoema- en SAMA-musiektoekennings benoem en het in 2018 weggestap met ‘n Ghoema vir Beste Rock-Album vir hulle album Queen van die Toorbos waarvan Suidwes-Afrika nou die derde enkelsnit is wat vrygestel word.

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook

Twitter: @SaarkieBand

Instagram: @saarkieband

Webblad

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Deon Groot vier goeie tye!

Ons lewe in moeilike tye, met soveel probleme en bekommernisse en dis dikwels moeilik om …

Nuwe Afrikaanse Duo stel eerste enkelsnit vry!

SKEMER, ‘n nuwe Afrikaanse man- en vrou-duo, het pas hulle heel eerste enkelsnit vrygestel en …