saamstaansooseen veldtog skop af! Sit jou voet neer teen boelies!

483

Boelies is een van die grootste sosiale probleme waarmee mense op ’n daaglikse basis gekonfronteer word en dit raak nie net sommige kinders op skool nie.
Die probleem strek oor die hele sosiale spektrum, van skole, werksplekke en selfs ook deesdae via sosiale media en oral op die internet.  Ons sien gereeld van nuwe voorvalle
waar kinders en grootmense geboelie word in alle opsigte van die samelewing en ook nie net meer die “swakker” mense nie, selfs “sterker” mense en mense wat groot hoogtes bereik, word slagoffers van boelies.

Dit is die rede hoekom Nicky de Kock besluit het om haar stem te gebruik om hierdie eeu-oue probleem aan te spreek en vir eens te probeer om ’n einde daaraan te sit.

Sy was self ’n slagoffer van ’n vorm van boelie, maar sy het besluit om uit te praat daaroor en om haar “man te staan” , maar nie almal is so sterk nie en mens hoor te veel berigte van kinders wat selfmoord pleeg as gevolg van dit.

Nicky, ’n jong sangeres en aktrise in haar eie reg, het toe besluit om ’n paar van haar vriende in die musiekbedryf bymekaar te kry om hierdie probleem dmv sang aan te spreek.
Dit is dan hoe: “Saam staan soos een” die lewe gesien het. Nicky, saam met Shaun Tait, Zane en Afrikaans Ruk, het hierdie liedjie opgeneem, met die hoop dat almal wat daarna luister, sal baatvind daaruit. Die slagoffers, moet weet hulle MOET opstaan en saamstaan en uitpraat en die boelies moet weet hulle maak mense seer en eintlik het hulle net liefde nodig.

Kom laat ons ALMAL “Saam staan soos een” om hierdie lelike gedragsprobleem vir eens en altyd stop te sit.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments