Maandag , Februarie 17 2020
warmmusic.net

RymStoff bring nuwe klank en vars aanslag met Shut up en Soen my.

RymStoff (Christoff de Beer) gaan beslis baie aandag trek met sy 4de enkelsnit, Shut up en soen my, wat in die komende week aan al die radiostasies landswyd uitgereik word.

Christoff was vir agt jaar lank in die groep Roots of Youth en het daarna aangesluit by Kurt Darren se orkes (Die KD Band) as hoof kitaarspeler.  As liedjieskrywer het hy al vele liedjies geskryf wat radio lugtyd verkry het soos byvoorbeeld “Love song for a broken heart” en “Laaitie” en het hy ook later vir die bekende popgroep ADAM ingestaan totdat Kyle Grant voltyds by hulle aangesluit het.

Christoff het al saam verskeie kunstenaars gewerk en het besluit om as ‘n independent kunstenaar sy musiek te deel.  

Die naam Rymstoff bestaan uit Christoff se bynaam Stoff en as ‘n baie groot aanhanger van rolprente soos Star wars moes hy sy liefde vir die mooi ruimte gebruik om die unieke naam te vestig.

“Shut up en soen my se lirieke sê dadelik vir jou dat daar nie meer gepraat moet word as ons nie mekaar kan weerstaan nie. Uit my eie ervaring het ek al baie gevoel ek praat te veel en doen te min as dit kom by die ander geslag. Somtyds moet mens net man up en gaan daarvoor. Die musiek styl is iets wat my terugvat na dit waarvan ek hou om te doen en basies iets te se nes dit is. Die styl is baie naby aan die bubblegum pop klank. En ek is baie trots om te se die liedjie was vervaardig deur myself by 2 Wise men productions se studio. Die liedjie praat met almal van jonk tot oud en enigeiemand kan hierby aanklank vind” sê Christoff. 

Volg RymStoff op sosiale media:

Facebook:  Christoff de Beer

Twitter:  @Rymstoff2

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Wat gebeur hierna? Rise in Red se derde enkelsnit vertel die verhaal van vordering deur die lewe!

Die alternatiewe rockgroep, RISE IN RED, se nuwe enkelsnit komplementeer die emosiebelaaide styl en besonderse …

Louis Geldenhuys oor sy nuutste enkelsnit Vlamme!  

Dit is nie sommer enige kunstenaar wat ’n hartroerende ballade met oortuiging kan weergee nie. …