Woensdag , November 14 2018
Home / Afrikaanse Musiek / Ruk my tot stilstand – Adam Barnard

Ruk my tot stilstand – Adam Barnard

Meeste van u sal my ken as Adam van Romanz. Ons het as Romanz al met u in kontak getree op een of ander manier, hetsy ‘n vertoning, besigheid of bloot toe ons bederf was êrens. Dit was ‘n voorreg om die verhoog te deel met legendes soos Andrea Bocelli, Rod Stewart en Catherine Jenkins. Baie spesiaal was natuurlik die optrede by Prins Albert en Prinses Charlene van Monaco se troue. Na 6 albums waarvan een uitgereik is in die Verenigde Koninkryk en Duitsland is dit heerlik om hierdie ondervinding in my eie album te projekteer.Screen Shot 2014-09-15 at 21.22.51

Hiermee dan my voorstel aan u dat ek nou solo optredes behartig. Ek bedien deur my musiek. Lirieke word noukeurig gekies. Meestal is Woord wat ons gebruik om ‘n sekere boodskap van God te verkondig. Niks word gedoen sonder Vader, Jesus en Heilige Gees nie. Stylvol, ‘n hart vir God en als in Sy naam is hoe ek my loopbaan wil beskryf. Ek tree op voor klein en groot gehore. So ook basies by enige geleentheid wat in God se naam kan geskied. Ek gaan enige plek in die wêreld waar God my stuur al is my huis Suid Afrika. By geleentheid en aanvraag heg ek ‘n spesiale gedeelte aan my vertoning deur ‘n profeet van God geleentheid te gee om te bedien. Meer inligting oor haar kan verlang word op navraag.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

2ndLife stel splinternuwe enkelsnit en musiekvideo bekend!

Hou vas jou hart!  2ndLife het pas ‘n splinternuwe enkelsnit en musiekvideo, WIE EK IS, …

David Fourie se liedjie “Jy soen soos ’n engel” in Nederlands

Wat dink jy van Jaimy se weergawe van David Fourie se liedjie? Deel jou kommentaar …

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.