Woensdag , Januarie 23 2019
Home / Music / Rolene Strauss se inspirasie-album is nou beskikbaar!

Rolene Strauss se inspirasie-album is nou beskikbaar!

Voormalige Mej. Suid-Afrika en Mej. Wêreld – Rolene Strauss – se inspirerende gesels-album, SECRETS TO MY GROWTH,  is pas vrygestel!

Dié inspirasie-album wat gesproke woord is, is dalk ietwat ongewoon vir die Suid-Afrikaanse mark, maar die lesse wat sy deel is universeel en maak dit verseker dat hierdie die ideale geskenk is vir al die spesiale vroue daarbuite vir Kersfees.  

Die album is op alle digitale platforms beskikbaar en sal vanaf volgende week in alle goeie musiekwinkels landswyd te koop wees.

SECRETS TO MY GROWTH is ’n versameling van lewenslesse en stories wat ek met mense wil deel; dit is die dinge wat ek wens ek geweet het toe ek jonger was. Die album het my instaat gestel om my siel te ontbloot soos nog nooit tevore nie en aspekte van myself te deel wat niemand nog ooit gesien het nie”, sê Rolene.

Die boodskappe op SECRETS TO MY GROWTH word gekomplementeer deur pragtige video-insetsels, wat deur Inhoud Huis Musiekvervaardig is en op Rolene se YouTube kanaal gekyk kan word. Rolene meen egter dat die beelde slegs daar is om die woorde aan te vul en dat, alhoewel die beeldmateriaal by die stukkies pas, dit nie die stories in hulle geheel vasvang nie. 

“Die idee met die video’s is nie om die hele storie te vertel nie, maar net hier en daar ’n saadjie te plant. Dit is dus slegs bydraend en minimalisties. Elke individu moet die boodskappe kan interpreteer, soos nodig, in spesifieke stadiums van sy of haar lewe”, vertel Rolene verder.

Spoken Word (Gesproke Woord), as ’n genre, is baie gewild oorsee en word beskryf as digkuns vir lewendige optredes. SECRETS TO MY GROWTH is een van die eerste pogings wat plaaslik aangewend word om ’n album in hierdie styl uit te bring.

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook

Twitter: @Rolene Strauss

Instagram: @rolenestrauss

Web

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Deca stel nuwe album bekend, Naturally!

et soos die album se naam (Naturally) getuig, bring die populêre instrumentale duo, DECA, ’n splinternuwe …

Apple Presents the Best Of 2018

Apple Music To close out an extraordinary year, Apple Music’s editors have awarded highest honours …