Vrydag , Desember 13 2019
Home / Movies / Roerende nuwe rolprent ontbloot die harde werklikheid oor verslawing!

Roerende nuwe rolprent ontbloot die harde werklikheid oor verslawing!

A MILLION LITTLE PIECES is ’n rolprentverwerking van die 2003-topverkoper met dieselfde naam, deur James Frey, en is ’n emosiebelaaide vertelling van die skrywer se ervaring in ’n rehabilitasiesentrum in die 1990’s.

As alkoholis en dwelmverslaafde, het die drie-en-twintigjarige James twee opsies: dood of rehabilitasie. Nadat hy op ’n vliegtuig wakker word met gesigbeserings en geen benul van wat met hom gebeur het nie, besluit hy om na ’n rehabilitasiesentrum toe te gaan, waar hy meer ontdek as detoks en terapie. Op sy reis om sy lewe, liggaam en siel te herstel, ontmoet hy soortgelyke gebroke siele met dieselfde doel as hy.

A MILLION LITTLE PIECES is die bekroonde regisseur, Sam Taylor-Johnson, se nuutste projek – met Aaron Taylor-Johnson in die hoofrol, wat homself skitterend van sy taak kwyt. Die draaiboek is deur Aaron Taylor-Johnson en Sam Taylor-Johnson geskep en spog met ’n sterk rolverdeling, waaronder Billy Bob Thornton, Juliette Lewis, Giovanni Ribisi, Charlie Hunnam en Odessa Young.

Alhoewel A MILLION LITTLE PIECES nie terughou wanneer dit by die harde realiteite van verslawing kom nie, gaan dit ook oor die herstelproses en vier dit ook liefde, vriendskap en hoop. Dit probeer om ’n realistiese beeld te gee van hoe ’n jongman homself red van selfvernietiging.

“Jy lag en huil nooit so hard en intens soos wanneer jy besig is om te rehabilteer nie,” verduidelik die regisseur en draaiboekskrywer. “Dit was belangrik om die perfekte balans te vind tussen die lig en die donker… Ek wil graag hê dat fliekgangers die prent positief moet ervaar en met hoop, eerder as wanhoop sal wegstap.”

A MILLION LITTLE PIECES word versprei deur Filmfinity (Edms) Bpk. en word amptelik bekend gestel by die Johannesburgse Rolprentfees (21 November by Ster-Kinekor Sandton om 5nm en by Rosebank Nouveau op 23 November om 9nm). Die fliek sal op 7 Februarie 2020 in plaaslike bioskope begin draai.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Bombshell benoem vir verskeie rolprenttoekennings!

BOMBSHELL, wat gaan oor die Fox News-skandaal, is tans net so opspraakwekkend soos die gebeure …

Antonio Banderas is puik in die nuwe Pedro Almodóvar rolprent, Pain & Glory!

Die nuwe Pedro Almodóvar rolprent, PAIN AND GLORY,  is ’n studie van aanvaarding, openbaring en …