Thursday , October 22 2020
Cheap domain registration and hosting!

Resensie: Nathan Smith – Here’s to the now album

Kunstenaar: Nathan Smith

Album: Here’s to the now

Resensie: 7/10

Nathan Smith is Suid-Afrika se eie mengsel van Carlos Santana, Chad Kroeger en selfs ‘n bietjie van Tom Petty and the Heartbreakers. Sy vernuf met sy elektriese kitaar sal enige rock aanhanger verseker beindruk. Daar is twaalf liedjies op sy nuwe album en is almal oorspronklik. Juis hierin kom sy talent as beide musiekant en liedjieskrywer na vore.

DECISIONS, ’n liedjie oor hoe liefde en verhoudings nie altyd uitwerk soos wat jy gedink het dit moet of wanneer dit moet nie is ‘n liedjie wat al reeds jare terug die kunstenaar geskryf is – nog voordat hy getroud is – en gaan oor hoe jy vir iemand wag om op jou gevoelens te reageer, terwyl jy nog besig is om jou wonde te lek na ’n vorige verhouding.

Sy tweede enkelsnit, CLOSER wat bekendgestel is op verskeie radiostasies, is ‘n liedjie wat hom na aan die hart lê. Nathan het Closer – sy eerste gospelliedjie – geskryf en dit gaan oor hoe dankbaar hy is om die Skepper se kind te wees. “Ek is bewus van die druk wat die wêreld en media op ons sit om hard te werk om bo uit te kom. Maar God sê dat Sy genade genoeg is; dit is al wat ons regtig nodig het.”

Luister gerus na die album as jy gestrand is in spitsverkeer of op ‘n Saterdagaand tussen deur die braai.

Ek gee die album ‘n 7 uit 10. Instrumenteel is hierdie album voortreflik, vokaal kon dalk bietjie sterker gewees het.

Giveaway

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Matthew Mole & Francois van Coke performs Fall at Francois van Coke & Vriende Livestream 2020

Francois van Coke and Matthew Mole set some magic loose in troubling times when they …

How ‘Jerusalema’ Has Got The World Dancing

With over 120 Million views on YouTube and now, officially, the most Shazamed song in …