Thursday , October 22 2020
Cheap domain registration and hosting!

Resensie: Jan Blohm se nuwe album – Jenny

Kunstenaar: Jan Blohm

Album: Jenny

Resensie: 10/10

Die eerste keer toe ek van Jan Blohm gehoor het, was toe ‘n vriendin my aan sy musiek bekendgestel het (oor ‘n bottel tas) natuurlik in 2006/7.  Liedjies soos “Breyten se brief”, “Anna”, “Sondag lover” en “Melkstraat” laat my altyd terug dink aan daai Stellenbosch/Somerset-Wes dae. Daarna was Jan se musiek in my hart en my huis.

8 Albums later en steeds relevant, onmisbaar Afrikaans en onlosmaakbaar van Bachus en Saterdagaand braaie.

Jan het ook iets heeltemaal anders gedoen, iets stroomop van wat die norm deesdae is. Sy nuutste album is ‘n konsep-album. Wat dit beteken is die volgende: Liedjies op die album volg ‘n patroon, dit is spesifiek so geplaas op die album om die luisteraar van eerste lied tot einde te vat deur ‘n storie te vertel. Jy kan natuurlik net een liedjie luister, maar die doel is om van lied een na die einde te vloei. Ander kunstenaars wat ook iets soortgelyks gedoen het is Enya, Marvin Gaye (What’s going on) en Emmylou Harris (The ballad of Sally Rose) om so paar te noem.

Sy album, “Jenny”, vertel die storie van twee tieners wat in die 1980’s in die klein konserwatiewe spoorwegdorpie, De Aar, woon. Dit is die eerste keer wat hy so ’n projek aanpak, maar volgens hom is dit iets wat al lank in sy kop broei en eendag die klankbaan van sy fliek met dieselfde naam gaan wees.

Twee snitte wat vir my uitstaan is “Ou karoo” en “Jenny”. Maar deurlopend word sy skryfvermoë weereens bewys.

Die album vloei goed van die eerste lied tot die laaste en dus gee ek die album 10/10. Sy drie talente bewys sy vernuf met liriek, melodie en skilder. Die omslag van sy album is deur sy 8 jarige dogter, Simone Kymdell.

Ek hoop dat Jan dit dalk eendag sal oorweeg om sy eie biografieboek te publiseer. Ek staan heelvoor in die ry.

Giveaway

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Breeknuus: Daai deng tref die aarde!!

Is it on? Welkom by die vandag se nuus. My naam is Refentse Cruywagen. Ons …

Deon Meiring stel nuwe enkelsnit & EP vry!

DEON MEIRING het homself die laaste paar jaar stewig as solo kunstenaar in die Suid-Afrikaanse …