Rayno – Man na God se hart

121

Die bekende Wesrandse gospelsanger Rayno Claassens se derde album, Man na God se hart, getuig van geloof, eerbied, lofprysing, gehalte en talent! Dié Pastoor en sakeman van Krugersdorp se musiek koester ‘n sosiale boodskap van positiwiteit: blydskap, liefde en hoop. Rayno is ‘n veelsydige musiekbediener. Hy is onder meer die eienaar en gasheer van Kamp Kanaan, waar daar reeds vir die afgelope paar jaar suksesvolle jeug-, manne-, vroue- en huwelikskampe gehou word. ”Uit ondervinding van my kampbediening het ek agtergekom mense raak wanhopig en het en hul blydskap oor die lewe en hul liefde vir mekaar verloor. Hierdie ‘n goeienuus-album om ‘n oomblik te verpoos en te laat besef God wil nuwe asem inblaas met die boodskap van Geloof, Hoop en Liefde – en sodoende ‘n vreugdevolle lewe te bewerkstellig,” sê Rayno. Die album is geskryf, verwerk en geregisseer deur die bekroonde musikant en musiekvervaardiger Stass. Die album het reeds twee suksesvolle musiekvideo’s opgelewer – met voorop die treffende komposisie Vader se Lied; oorwinninggepoets.

Stass en die musikante (Vinnie Henrico, Jason Moser, Johan Rautenbach en Carindé van Schalkwyk) skep klankrykheid met klawers, kitare tromme, banjo en mandolien – waarop Rayno met sy luisterryke geseënde stem die liedere met opregte, oortuigende oorgawe vertolk.

Luister: Vader se Lied, Hande van Genade, Grote Hande, Liefde Leen, Beweeg in My, Godpad en ‘n aanbiddingkeurspel wat Hoe Groot is U insluit. Hieruit spruit die genade om ‘n Man na God se Hart te word. Tussen die meevoerende vertolkings is Rayno se interpretasie van die internasionale treffer Be Still. Met ‘n aangename balans tussen jubel- en aanbiddingsliedere bied die album musiek waarby jonk en oud aanklank sal vind.

Rayno vra: “Daar’s ‘n lied met jou naam op, kan jy dit hoor? Dis die Vader se lied oor jou! As jy besef wat die Vader se lied oor jou is en jy besef presies hoe Hy oor jou voel, dan wakker dit ‘n begeerte in jou op om die Godpad te kies. Laat toe dat Jesus in jou beweeg; wees ‘n man en vrou na God se hart en leef ‘n lewe wat betekenis vol is vir God en jou naaste!”

Sosiale media:

Volg Rayno se nuwe seisoen van hoop vir Suid-Afrika by:

Facebook

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments