Donderdag , November 22 2018
Home / Music / Prime Circle begin hulle eie musiek-en leefstyl fees!

Prime Circle begin hulle eie musiek-en leefstyl fees!

Prime Circle onderneem ’n splinternuwe reis met die aankondiging van hulle eie musiek- en leefstylfees: Prime Fest – ’n Jacaranda FM-musiekervaring

Prime Circle, Riky Rick, GoodLuck, Jo Black, Mafikizolo, Fokofpolisiekar, Martin Bester en Band, Timo ODV, Majozi

Dit lyk nie asof daar enigiets is wat PRIME CIRCLE nie goed kan doen nie! Dié groep het immers nie verniet verskeie musiektoekennings; uitverkoopte plaaslike en internasionale toere; ’n lang lys suksesvolle treffers en talle top-verkoper albums op hulle kerfstok nie!   Hulle het, oor die afgelope sewentien-jaar, waarlik die toets van tyd deurstaan as een van Suid-Afrika se grootste en mees suksesvolle rockgroepe. Nóú stel hulle ook hulle eie musiek- en leefstylfees bekend, wat op 10 November 2018 by Casalinga in Muldersdrift sal plaasvind.

Toe PRIME CIRCLE hierdie reis begin het met die vrystelling van hulle nuutste album, If You Don’t You Never Will, het die groep besluit dat dit tyd was om hulle droom om ’n fees te hê, ’n realiteit te maak. Met die hulp van vriende, het hulle dit reggekry om ’n versameling van die land se beste musikante te kry om tydens hierdie geleentheid op te tree.

Die fees, in samewerking met Jacaranda FM, sal spog met ’n wye verskeidenheid kunstenaars, waarmee die groep oor die jare graag die verhoog gedeel het. Die program sal hoë gehalte vermaak insluit, wat wissel tussen verskeie genres – van rock tot kletsrym en dansmusiek – in Engels, Zoeloe en Afrikaans. Riky Rick, Majozi, Jo Black, Mafikizolo, GoodLuck, Fokofpolisiekar, Timo ODV en Martin Bester and Band sal saam met PRIME CIRCLE musiekmaak.

Ons is baie opgewonde om Prime Fest met ons aanhangers te deel. Hierdie fees gaan nie oor ons nie. Dit is ’n geleentheid om vir ons aanhangers en ander musiekliefhebbers die kans te gee om na kunstenaars te luister wat dit geniet om op te tree en te vermaak, en dit met ’n buitelug-ervaring te kombineer. Casalinga is die perfekte plek vir hierdie geleentheid, omdat daar reeds talle suksesvolle buitelug- en leefstylfeeste gehou is,” meen PRIME CIRCLE se hoofsanger, Ross Learmonth.

Feesgangers sal op die dag bederf word met ’n groot verskeidenheid aktiwiteite. Buiten vir ’n sterbelaaide-musiekprogram, sal daar ook verskeie kosstalletjies, ’n eksklusiewe AMG Driving Academy 4×4-bestuurervaring deur Mercedes-Benz (die feesborg), ’n speelarea vir kinders en vele meer vir die hele gesin wees om te geniet.

Die kersie op die koek, is natuurlik ook die amptelike bekendstelling van PRIME CIRCLE se eie bierhandelsmerk, Prime Lager (in samewerking met Nobleman Breweries), gedurende die fees.

PRIME CIRCLE bestaan uit Ross Learmonth (voorsanger en kitaarspeler); Marco Gomes (baskitaarspeler); Dale Schnettler (dromspeler); Neil Breytenbach (klawerbordspeler) en Dirk Bisschoff (kitaarspeler).

SOSIALEMEDIASKAKELS

Webblad

Facebook: Prime.Circle

Instagram: @Prime_Circle

Twitter: @Prime_Circle

Hutsmerk: #PrimeFestSA

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Help needed: Beloved Cape Town Radio Presenter Faces Terminal Cancer Diagnosis

eloved radio presenter, Ian Ward (42), from Cape Town, has been diagnosed with Stage 3B …

Suid-Afrikaner slaan Londen stom met liedjie wat in bad geskep is!

Dit was die Suid-Afrikaanse kunstenaar, ANNA WOLF, se droom om saam met musiekvervaardiger, Pete Boxta …