Friday , February 26 2021

Platinum Treffers 6 – ‘n spogstuk van Suid-Afrikaanse musiektalent

Select Musiek se Platinum Treffers-reeks is reeds ‘n geruime tyd sinoniem met die grootste gunstelinge in Suid-Afrikaanse musiek. Volume 6 bou voort aan hierdie reputasie met ‘n album stampvol van die grootste Afrikaanse en Engelse treffers vanuit eie bodem!

Die album bevat 20 uitgesoekte snitte wat by alle musieksmake – van pop en rock, tot meer country- en akoestiese geure – sal aanklank vind. Dit kombineer Suid-Afrika se beste nuwe talent met dié van immergewilde kunstenaars in ‘n fees van musiek wat moeiteloos-aansteeklik is.1857628-l

Engelse treffers sluit Blackbyrd se ‘All for me’, die bekkige ‘Goodbye Kelly’ van Adam Tas, ‘Dammit I love you’ van Dennis East en Ray Dylan, sowel as Manie Jackson en Carike Keuzenkamp se vertolking van die country-gunsteling, ‘Blue eyes crying in the rain’, in.

Aan die Afrikaanse front is daar ook snitte te kies en te keur met onder andere ‘Sout’ van Elizma Theron en Nicholis Louw, ‘Pêrel van die Paarl’ van Kurt Darren, ‘Lig op die horison’ van Joshua na die reën, ‘Parfuum’ van Gerhard Steyn, ‘Weet jou ma?’ van die Campbells, ‘Heuningsoet’ van NRG en 4Werke se ‘Dan sal ek jou kom haal’.

Nog twee goue oues herleef ook in volkleur met Bles Bridges se ‘Ruiter van die windjie’ en Snotkop en Anders se verwerking van ‘Al lê die berge nog so blou’, wat nuwe kletsrym-lewe aan ‘n alombekende treffer gee.

Twee splinternuwe snitte is by Platinum Treffers 6 ingesluit: ‘Troebadoer’ van Vegas wat handel oor die soet, en minder soet, dele van ‘n lewe in die musiekbedryf; en ‘So het ek jou Ma ontmoet’ van Pierre Rossouw – ‘n mooi en baie pittige liefdesstorie wat ‘n pa aan sy kind vertel.

Met hierdie treffers, en vele meer, is Platinum Treffers 6 ‘n album vir diegene wat die ryke diversiteit van Suid-Afrikaanse musiek in volle harmonie kan waardeer!

Die album is nou landswyd beskikbaar.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Brendan Peyper – Dis alles jy nuwe enkelsnit!

Met meer pret en lighartige liedjies soos “Lekkerder op my Trekker” en “Vasdanslyf ” op …

10 miljoen trefslae vir Boerepompie!

Op 7 April 2020 word die treffer Hardekole (Ricus Nel ft. Refentse, Adam Tas & …

Leave a Reply

Your email address will not be published.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.