Plaaslike modeontwerper stel nuwe enkelsnit vry!

346

‘Riptide’ is die eerste enkelsnit deur die nuwe sanger op die Suid-Afrikaanse musiekplatform: Joh Urban. Joh is meer bekend as Hendrik Vermeulen wat al groot welslae in die plaaslike en internasionale modebedryf as ontwerper behaal het. Met sy nuwe enkelsnit keer hy terug na sy eerste liefde naamlik, musiek. Vir baie sal die verandering van die loopplank na die musiek studio vreemd voorkom maar vir Joh was dit ‘n natuurlike oorgangsfase.

‘Snaaks genoeg het ek van jongs af klere ontwerp maar musiek was my eerste liefde. As familie het ons saam musiek en dit was net toe my ouers gevra het watter loopbaanrigting ek wou inslaan dat ek by ‘n mode instituut aangesluit het,’ vertel Joh.

‘Riptide’ word op radiostasies en aan die media as ‘n geheel op 14 September vrygestel en Joh verduidelik dat die liedjie ‘n bietjie van sy hart en emosies met die publiek deel. Hierdie talentvolle sanger skryf ook sy eie liedjies.

‘Ek het bietjie op die strand geloop en die beweging van die golwe en die gety het my gefassineer en dis hoe ‘Riptide’ gebore is. Dit is ‘n liefdesstorie en vertel van iemand wat op ‘n ander verlief is en hoe daardie liefde ‘n impak op jou lewe kan he. Die melodie is bietjie uit die 1980s maar ek het nog altyd ‘n voorliefde vir hierdie tipe van klank gehad’

Joh het nog ‘n paar verrassings wat hy binnekort gaan deel maar vir nou wil hy daarop fokus om homself as ‘n sanger aan die publiek bekend te stel deur die vrystelling van ‘n paar enkelsnitte.

‘Ek wil myself nie aan ‘n spesifieke styl of genre verbind nie. Elke enkelsnit gaan ‘n ander deel van my kreatiwiteit uitbring en regtig van mekaar verskil. Ek sal graag ook ‘n album wil uitbring maar dis iets vir die toekoms.’

Sy liedjies sal aanklank vind by ‘n wye gehoor.

‘My doelwit is om seker te maak dat my liedjies ‘n storie vertel en dat dit iets beteken. My gehoor is dus diegene wat va ‘n storie en natuurlik avontuur hou. As jy van my liedjies hou, die boodskap wat dit vervat, dan is jy deel van my gehoor.’

Joh was in die Vrystaat gebore maar is tans ‘n boorling van die moederstad, Kaapstad.

Sosiale Media

Facebook Page: Joh Urban Twitter: @h3ndriknoted Instagram: joh_urban_ Website: www.johurban.com

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments