Sondag , Augustus 19 2018
Home / Afrikaanse flieks en Teater / Plaaslike lokettreffer op pad Beijing toe!

Plaaslike lokettreffer op pad Beijing toe!

Dit is pas aangekondig dat die bekroonde geskiedkundige drama, KROTOA, genooi is om deel te neem aan die agtste Internasionale Rolprentfees in Beijing, wat plaasvind vanaf 15 tot 22 April 2018, om mee te ding vir ’n Tiantan-toekenning! Wenners van hierdie gesogte titel, sal gekies word uit tien verskillende afdelings, insluitend Beste Speelfilm, Beste Regisseur, Beste Akteur, Beste Aktrise, Beste Akteur in ’n Ondersteunende Rol, Beste Aktrise in ’n Ondersteunende Rol, Beste Draaiboek, Beste Kinematografie, Beste Klankbaan en Beste Spesiale Effekte.

Die nuus van die rolprent se insluiting in die fees, volg kort op die hakke van die sukses van hoofrolspeler, Crystal-Donna Roberts, wat onlangs met ’n SAFTA-toekenning vereer is as Beste Aktrise vir haar aangrypende vertolking van hierdie vergete heldin. Die aktrise, wat die toekenningseremonie gaan bywoon en ook binnekort te sien is in die nuwe kykNET-sitkom, Mense Mense, sê: “Dit is my eerste toekenning en dit is ’n groot voorreg om erkenning te kry vir wat ek doen, al het die rolprent nogal baie kontroversie uitgelok. Die storie gaan oor ’n vrou waarvan ons min weet en wat nie regtig genoeg erkenning gekry het vir wat sy vir ons land gedoen het nie, so dit beteken baie dat daar nou ook plaaslik ’n toekenning gegee is wat haar herinnering eer. Hopenlik sal daar in die toekoms nog meer sulke stories uitkom.”

Armand Aucamp, wat beïndruk het in die rol van Jan van Riebeeck, asook Roeline Daneel (Maria van Riebeeck), Ernest St. Clair (Doman) en regisseur en vervaardiger, Roberta Durrant, gaan ook die glansgeleentheid in Beijing bywoon. “Ons is baie opgewonde oor die benoeming en in ons noppies dat die organiseerders bereid is om my en vier van die akteurs af te vlieg en te huisves gedurende die fees. Dit is ’n riem onder die hart, dat KROTOA steeds soveel belangstelling prikkel en dat haar storie sodoende, deur middel van hierdie feeste, met die wêreld gedeel word,” verklap Durrant oor dié eer wat hulle te beurt geval het. “Dit is ’n baie opwindende geleentheid, want die fliek was al deel van soveel rolprentfeeste regoor die wêreld, maar ons kon dit nog nooit bywoon nie en nou kan ons uiteindelik gaan. Ek sien ook baie uit om buitelandse kykers se reaksie op die film eerstehands te ervaar,” voeg Crystal-Donna by.

Hierdie indrukwekkende drama, uit die pen van Kaye Ann Williams en Margaret Goldsmid, vertel die ware verhaal van ’n dapper Khoi-prinses, wat van haar stam weggeskeur word om vir Jan van Riebeeck (die eerste goewerneur van die Kaapse Kolonie en haar oom se handelsvennoot) te gaan werk. Sy word na die eerste Fort, wat in 1652 deur die Oos-Indiese Kompanjie gevestig is, geneem waar sy grootword as ’n visionêre jong dameSy word na die eerste Fort geneem, wat in 1652 deur die Oos-Indiese Kompanjie gevestig is. Hier word sy groot as ’n visionêre jong dame, wat die Nederlandse taal en kultuur so goed verstaan, dat sy ’n invloedryke tolk word vir van Riebeeck – die eerste goewerneur van die Kaapkolonie. Krotoa word egter op die ou einde deur haar eie Khoi-mense verwerp en deur die Hollanders vernietig wanneer sy probeer om ’n middeweg tussen die twee kulture te vind. . KROTOA, wat leer om die Nederlandse taal en kultuur goed te verstaan, word ’n invloedryke tolk tussen Jan van Riebeeck en haar eie mense. Vasgevang tussen twee kulture, probeer sy om dié twee wêrelde met mekaar te versoen, wat veroorsaak dat die Khoi-stam haar verwerp en die Nederlanders haar vernietig.

Buiten vir die prestasies wat plaaslik behaal is, spog die fliek reeds met agt internasionale toekennings en talle benoemings deur verskeie rolprentfeeste. Dit is ook gekies as die openingsfilm vir die gala-geleentheid van die Toronto South African Film Festival in Oktober 2017.

KROTOA is vervaardig deur die SAFTA-bekroonde rolprentvervaardigingsmaatskappy, Penguin Films, in samewerking met kykNET, Die Nasionale Rolprent- en Videostigting (NFVF) en die Departement van Handel en Nywerheid (DTI), en is plaaslik versprei deur Ster-Kinekor Entertainment.

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook

Twitter: @KrotoaMovie

Instagram: @krotoa_film

Hutsmerk: #Krotoa

Lokprent:

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Suid-Afrika swem saam STROOMOP!

Stroomop is amptelik op Vrouedag, 9 Augustus vrygestel in fliekteaters landswyd. Met reuse afwagting vir …

Fliek oor Ellen Pakkies se lewe sal kykNET Silwerskermfees open!

Die fliek oor Ellen Pakkies se lewe, ELLEN, DIE ELLEN PAKKIES STORIE, het reeds oorsee …