Dinsdag , September 25 2018
Home / Music / Plaaslike kunstenaar gekies vir wêrelwye veldtog van Apple Music!

Plaaslike kunstenaar gekies vir wêrelwye veldtog van Apple Music!

Apple Music, wat steeds nuwe talent op die Afrika-kontinent ontdek en ontwikkel, het die Suid- Afrikaanse sanger Roan Ash gekies om deel te wees van Country Wide, ‘n wêreldwye Country Musiek-veldtog wat op 27 Julie afgeskop het.

Die wêreldwye inisiatief sluit in The Wild Feathers van die VSA, Catherine McGrath (Ierland), Tenille Townes (Kanada) en Australië se Missy Lancaster.

Ash, wat in Pretoria gebore is, het bekendheid verwerf as deelnemer in die eerste seisoen van The Voice, Suid Afrika.

Sy album Whiskey To My Soul is vroeër vanjaar bekend gestel. Dit volg op sy 2015-debuutalbum The Traveller.  Hierdie sanger en liedjieskrywer het vele aanhangers gewen toe hy vanjaar op die Suid-Afrikaanse weergawe van Dancing with the Stars ‘n pragtige weergawe van sy liedjie If I Ever Saw Heaven opgevoer het.

Bekend vir sy moderne country, blues en folk-styl, het Ash in 2001 kitaar begin speel en in 2006 met optredes begin. Sedertdien het hy die verhoog gedeel met kunstenaars soos Dan Patlansky, Matthew Mole, Jan Blohm, Koos Kombuis, Arno Carstens, Vusi Mahlasela, Glaskas, Klopjag en Robin Auld.

In 2016 het hy die temalied van die rolprent Sy Klink Soos Lente saam met Bouwer Bosch en Dawie de Jager geskryf en opgeneem.

Oor die Country Wide veldtog sê Ash: “Wat ‘n ongelooflike eer en voorreg om gekies te word as kunstenaar vir Apple Music se wêreldwye veldtog. Dit is nie elke dag dat ‘n Suid-Afrikaanse kunstenaar die geleentheid kry om internasionaal op hierdie platform te verskyn nie. Ek is Apple Music vir ewig dankbaar. ”

Met meer as 45-miljoen liedjies bied Apple Music ‘n gratis 3-maande proeftydperk sonder verbintenis en is advertensievry. Apple Music is beskikbaar op iPhone en iPad en kan ook afgelaai word vanaf Google Play vir Android-toestelle.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Apple Music presents an exclusive playlist of “101 Songs That Never Get Old”!

Karen Zoid’s talent and passion for music has made her one of the top musicians in …

Sky Ocean ontbloot haar siel met nuwe enkelsnit!

Sky Ocean het een van daardie stemme wat jou in jou spore laat vassteek wanneer …