Die gewilde kospersoonlikheid Sarah Graham deel hier haar persoonlike avontuur van eet, drink en die genieting van haar gunsteling-plekke en -mense met die gewilde wynhandelsmerk Drostdy-Hof. Skakel in op haar nuwe program, Sarah Graham’s Food Safari, elke Sondagaand om 18:30 op M-Net soos sy deur suider-Afrika reis en elke oomblik van haar reis indrink.
In onderstaande resep omskep sy, op haar hipermaklike en absoluut heerlike manier, die nederige stokvis in ʼn feestelike gereg. Op haar besonderse manier kombineer sy op vernuftige wyse die gereg met Drostdy-Hof Natural Sweet Rosé, waardeur die pikantheid van die tamaties aangevul word deur die wyn se aarbei-, kersie- en pruimgeure.
Drostdy-Hof en Sarah Graham se pangebraaide stokvis met basiliekruid en trostamaties
Bedien 2 | Voorbereidingstyd 5-10 minute | Kooktyd 10 minute
Bestanddele
2 x 200g stokvisfilette
1-2 teelepels botter
1-2 teelepels olyfolie
1 bos trostamaties
1 handvol basilieblare
1 blik cannellini-boontjies, gedreineer
1 klein suurlemoen
Metode
1. Sout en peper die visfilette na smaak en braai in die botter en olyfolie oor medium-hitte tot goudbruin en net deurgaar. Voeg die tamaties vir die laaste minuut of twee by. Verwyder van die hitte en skep uit op kombuispapier om van die oortollige vet ontslae te raak.
2. Maak die cannellini-boontjies in dieselfde pan oor medium-hitte warm, verwyder en skep uit op ʼn aantreklike opskepbord. Voeg die vis en die tamaties by. Bedien onmiddellik met die basilieblare oorgestrooi en ʼn skeutjie suurlemoensap.
Besoek www.drostdyhof.com/za vir meer omtrent die handelsmerk.
Volg Drostdy-Hof op Facebook en Twitter.
Gesels saam deur gebruik te maak van: #RealWineRealMoments