Donderdag , Oktober 17 2019
Home / Afrikaanse Onderhoude / Pad na jou hart onderhoud met Ivan Botha

Pad na jou hart onderhoud met Ivan Botha


Die jong aantreklike en selfvoldane besigheidsman, Basson van Rensburg (Ivan Botha), het vyf dae om by sy pa se begrafnisdiens in Kaapstad uit tekom, maar hy moet sekere take voltooi op hierdie reis voordat hy die suksesvolle familie maatskappy kan oorneem. Sy enigste kans om betyds daar aan te kom is ‘n ry geleentheid saam met die beeldskone boheemse meisie, Amory (Donnalee Roberts). Soos wat hulle deur die asemrowende natuurskoon van Suid-Afrika reis ontmoet hulle wonderlike karakters wat voorsiening maak vir lekker-lag oomblikke en lewensveranderende ervarings.

Om weer in die liefde te glo was nie deel van enige een se plan nie, maar hulle kan nie help om met elke draai wat die lang pad af Kaap toe maak te besef dat niks nog ooit meer bestem gevoel het nie. Hul veiligheid word skielik bedreig wanneer ‘n donker figuur met sy eie agenda hulle op sy motorfiets inhaal. Basson en Amory word gekonfronteer met teleurstelling, hartseer en die wete dat op jou lewenspad is dit onvermydelik dat jy ‘n paar slaggate gaan tref of verkeerde afdraaie gaan vat. Maar maak nie saak hoe moeilik die pad mag wees nie, op pad na ware liefde, is waar jy jou ware noord sal vind .

Pad na Jou Hart is ‘n romantiese-avontuur film wat jou sal laat lag, huil en verlief raak op verlief wees.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Protesteer vir Afrikaans

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het vandag gesê dat hy eersdaags, op Dinsdag 28 …

Afrikaans.com se muurprojek by skole inspireer !

Afrikaans is die taal van al sy sprekers. Tog het nie almal in alle gemeenskappe …