Vrydag , Julie 20 2018
Home / Afrikaanse flieks en Teater / Oudisies vir Buddy produksie! The Buddy Holly Story

Oudisies vir Buddy produksie! The Buddy Holly Story

Lefra Produksies kondig met trots aan dat hulle die mees suksevolle Rock & Roll Musiekblyspel van alle tye in Suid-Afrika gaan aanbied!  BUDDY – THE BUDDY HOLLY STORY.  Hierdie musiekblyspel sal by Emperors Palace se Theatre of Marcellus aangebied word van 14 Mei tot 10 Junie 2018.  BUDDY is deur meer as 25 miljoen mense wêreldwyd geniet en vertel die tragiese verhaal van Buddy Holly se kort lewe wat saam met sy hoërskoolvriende, THE CRICKETS, die wêreld van countrymusiek omgekeer het met wonderlike Rock & Roll liedjies soos RAVE ON, PEGGY SUE, LA BAMBA, WORDS OF LOVE, OH BOY en vele meer.

Lefra Produksies nooi nou belangstellende akteurs en musikante om vir verskillende rolle te oudisie.  DIt is belangrik dat die musikante ook moet kan toneelspeel.  Oudisies vind plaas op 4 en 5 April met repetisies wat van 10 April tot 14 Mei 2018 sal plaasvind.  Belangstellendes kan CV’s  en die voltooide oudisievorm aan stuur aan fax: 086 219 4834 of epos aan admin@lefra.com

Daar gaan oudisies gehou word vir die volgende karakters:

• Joe B Mauldin – Double Base speler en een van die Crickets (25)

• Jerry Allsison – Drommer en een van die Crickets (25)

• Maria Helena Holly – Buddy se Vrou (25)

• The Big Bopper – (40)

• Ritchie Valens – Aantreklik en lekker beweeglik (25)

• Hipockets Duncan – Amerikaanse Radio DJ  (40)

• Norman Petty – Musiekregisseur (40)

• Vi Petty – Moet ook aan klavier speel (40)

• Apollo Performer – Manlik Swart – moet goeie humorsin he.  Moet kan sing, toneelspeel en moontlik ‘n instrument kan speel

• Apollo Performer – Vroulik Swart – Moet kan sing en toneelspeel.  Verkieslik ook ‘n musiekinstrument kan bespeel, maar nie noodsaaklik nie.

• Ensemble – Akteurs/Sangers/Musikante wat in verskeie rolle aangewend kan word

Maak seker dat die volle vorm ingevul is met ‘n onlangse kop en skouer sowel as vollengte foto.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

STROOMOP inspirasie aanbieding deur Atterbury Teater!

Vrouedag vanjaar gaan behoorlik gevier word! ’n Dubbel-bederf wag op die vroue van Pretoria met …

En, die wenner van kykNET se koekedoortjie is…

Wicus van Deventer is die wenner van kykNET se gewilde Koekedoortjie-werklikheidsreeks! Dié twaalfjarige bakker van …