Saterdag , September 22 2018
Home / Movies / Opwindende aksie-riller met Jodie Foster oppad!

Opwindende aksie-riller met Jodie Foster oppad!

Seergekry tydens ’n roof, gehawend na ’n bankroof, of geskiet toe jy ’n duister daad gepleeg het? Bespreek dan plek by Hotel Artemis – ’n geheime hospitaal vir kriminele.

HOTEL ARTEMIS, deur eerste keer regisseur Drew Pearce is ’n energieke aksie-riller wat tydens oproere in Los Angeles afspeel. Pearce, wie se vorige draaiboek-krediete lokettreffers soos Iron Man 3 en Mission: Impossible – Rogue Nation insluit, het ook die draaiboek vir dié, sy eerste oorspronklike fliek, geskryf.

Hy verduidelik die rede agter die film: “Ek wou iets skep wat meer esoteries is, wat my herinner aan die flieks waaroor ek mal was in my jongdae, en wat nie te koekiedrukkervormig of stroombelyn is nie.”

Die meeste van die film neem plaas binne die Hotel Artemis, ’n geheime, hoëtegnologie noodgevalle wat na kriminele omsien, wat dien as ’n oproepende agtergrond vir ’n groep uiterste karakters. Die hospitaal, wat van tegnologies gevorderde toerusting gebruik maak – dink 3D-drukkers en nanotegnologie – om beseerde kriminele te genees, word deur die Nurse (Jodie Foster) bestuur, met die hulp van haar uitsmyter hospitaalordonnans, Everest (Dave Bautista).

Dit is 2028, en dit is ’n besige aand vir die Nurse – te midde van oproere in Los Angeles wat met watervoorsiening te doen het, is haar “hotel” vol bespreek. Terwyl sy met ’n verskeidenheid eienaardige “gaste” te doen kry, wat slegs geken word aan die kamer waarin hulle tuisgaan, word haar reëls (insluitend geen wapens en moenie ander gaste vermoor nie) tot die uiterste beproef.

Gaste by Hotel Artemis sluit in Sterling K. Brown as ’n ongelukkige bankrower met ’n erg-beseerde broer (Brian Tyree Henry), en Charlie Day as ’n irriterende swendelaar, terwyl Sofia Boutella beïndruk as ’n Franse sluipmoordenaar, wat by die hotel opdaag vir werk. Voeg daarby die aankoms van die taaiste bendeleier in Los Angeles, bekend as die Wolf King (Jeff Goldblum), en dinge kan nie anders as nie om interessant te raak.

Met Oscar-wenner Foster se welkome terugkoms na die grootskerm ná vyf jaar (haar eerste rol as aktrise sedert Elysium), kry Pearce iets ongewoons reg vir ’n hoofstroom aksie-riller; HOTEL ARTEMIS is meer karakter-gebaseer as wat dit aksie-georiënteerd is. Foster is boeiend as ’n vrou met ’n duister verlede, terwyl Brown as ’n heroïese figuur oorkom. Die film bring die beste uit die eersteklas ensemble akteurs, en ’n onderstroom van donker humor maak dinge boeiend.

Oor haar rol sê Foster: “Ek is tevrede met my vertolking in die film omdat ek voel dat dit ’n kombinasie is van gegrond en emosioneel is. Daar is tog ook ’n puntigheid. Dit is waarna ek op soek was: die geleentheid om meer van ’n transformasie te ondergaan, om ’n rol te vervul maar tog ook die karakter met emosie te beset.”

Als, van die fotografie tot die stelle, laat dit voel soos ’n Los Angeles-aksiefliek met ’n wetenskapsfiksiekinkel. Die aksie, alhoewel dun gesaai, is intens en kineties. Boonop ontvou HOTEL ARTEMIS soos ’n bobaas misdaadriller, met karaktermotiverings en knope in die verhaal wat in en uit mekaar weef.

Met Hotel Artemis as die laaste toevlug vir wetteloses, en met spanning wat toeneem, sal jy nie kan wag om te sien hoe Pearce alles tot ’n punt bring nie.

HOTEL ARTEMIS word versprei deur Filmfinity (Edms) Bpk. en sal landswyd vrygestel word op 3 Augustus 2018.

INTERNASIONALE SKAKELS

Facebook

Twitter: @hotelartemismov

Instagram: @hotelartemismovie

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Nuwe John Travolta fliek in teaters die naweek!

Die fliek waarin John Travolta lewe gee aan een van die mees berugte bendelede sedert …

Billionaire Boys Club – In Cinemas This Friday!

Like a cross between LESS THAN ZERO and THE WOLF OF WALL STREET – BILLIONAIRE …