ONSEtv vir onse mense!

59

StarSat, Suid-Afrika se toonaangewende satellietdiensverskaffer, is teenwoordig deur StarTimes in vele Afrika-lande, en bedryf self hulle besigheid in 17 daarvan, insluitend Suid-Afrika. Die groep se Afrika-kykerstal is digby 8 000 000. In Suid-Afrika het die groep vanaf 2010 meer as 600 000 dekodeerders reeds plaaslik verkoop.

OneTV is ‘n nuwe televisiekanaal wat die belange en kulturele aspekte van die groep mense wat in die gewone taal as Bruinmense bekendstaan, te dien en uit te beeld. Die Bruinmens-groepering is hoofsaaklik Afrikaanssprekend en dit sal so op die kanaal weerspieël word hoewel die kanaal nie eksklusief in Afrikaans aangebied sal word nie. Die kanaal se uitsendings sal op 15 September 2017 ‘n aanvang neem. Meer inligting sal weldrae aan die publiek bekend gemaak word. 

Een van die kanale op Statsat is MYtv (voorheen Afrikaanse Satelliet Televisie) – reeds ‘n dekade op die lug – se vervaardigers en kanaalbestuur – is onlangs beloon toe StarSat dié organisasie genader het om ‘n kanaalkonsep voor te lê wat spesifiek gemik is op die Bruin Afrikaanssprekende mark. “Ons is totaal oorbluf met die pluimpie waarmee StarSat ons beloon het – hierdie is ons tweede kanaal op StarSat – en die span kan nie wag om weg te spring nie” was Jaco Ferreira, kanaalhoof van die nuwe kanaal, se reaksie op die nuus van StarSat. Hy sê voorts “Ons sukses as vervaardiger en kanaalbestuur is te danke aan ons mense se ongelooflike toewyding oor die laaste 10 jaar-of-so.

Ons gaan hierdie energie en momentum gebruik om van OnseTV ‘n dawerende sukses te maak.” Hilda Ferreira, hoof van besigheidsbestuur, wys daarop dat dit nie bloot ‘n gelukskoot was nie. “Ons werk met ‘n wye verskeidenheid mense in die bedryf en inderdaad ons gemeenskap, en dit was al lank reeds vir ons duidelik dat daar nie ‘n gefokusde kanaal was om na die grootste Afrikaanssprekende gemeenskap om te sien nie, dis ons Bruin Afrikaanstaliges. Daar lê soveel kleur en tekstuur in hierdie gemeenskap dat mens dit net wil omarm en samelewing skep. Die reaksie uit ons onmiddellike gekleurde gemeenskappe was ongelooflik. Die energie wat daar heers is tasbaar en ons hoofdoel gaan wees om daardie gees en drif vas te vang en op die kleinskerm te weerspieël”. 

Dit is wyd bekend dat die gekleurde Afrikaanssprekendes die verre meerderheid is wat dié taal as huis- en voertaal gebruik. Wat nie so bekend is nie is dat hierdie kulturele groepering se wortels meer in Afrika geplant was is suiwer in sy Europese komponent. Dit word erken dat die Khoi- en Sangroepe, die oudste gerekende inwoners van die Suider-Afrika streek, die grondslag van die gemeenskap vorm. Vermenging met ander plaaslike swart inwoners asook Europieërs wat hier aangekom het as seevaarders het dan gelei tot die totstandkoming van die gekleurde gemeenskap in Suid-Afrika. Die kanaal gaan hom daarop toespits om die pragtige diversiteit wat binne hierdie gemeenskap heers tot sy volle reg te laat kom. 

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments