Maandag , September 16 2019
Home / Afrikaanse Musiek / Ons gaan nou lekker dans vol 2 nou beskikbaar!

Ons gaan nou lekker dans vol 2 nou beskikbaar!

Daar’s bitter min dansalbums wat ‘n mens eenvoudig van begin tot einde kan speel en verseker kan wees van ‘n gaaiskop-lekker partytjie, maar “Ons gaan nou lekker dans Vol. 2” is beslis een van hulle!

Dié album is propvol eersteklas plaaslike en internasionale treffers van meer as 5 dekades – ‘n allemintige 41 snitte wat sal verseker dat jy vir meer as twee en ‘n half ure baie ver van jou stoel af sal bly.image004

Of jy hou van goeie Afrikaanse sokkie, two-step, klassieke 60’s tot 80’s, klubmusiek, ‘n bietjie boeremusiek, ‘n lyndans, ‘n lekker wals, ‘n jive of ‘n rustige dans met die spesiale een in jou lewe – daar’s iets vir elke musieksmaak met net die allerbeste treffers vanuit elk van hierdie genres!

‘n Hele rits oorspronklike danstreffers is op die album ingesluit saam met gunstelinge wat hermeng is met ‘n lekker dansritme – van “I gotta feeling”, “Heidi”, “Achy breaky heart”, “Where do you go”, “Waltzing Maria” en “Dangerous”, tot “Sewe Oseane”, “Slave to the music”, “I’m gonna be 500 miles”, “Hound dog”, “Gangnam Style”, “Spanish Eddie”, “The best” en tonne meer.

Keurspelle soos “Smokie hit connection”, “Party hits medley”, “CCR medley” en “ABBA medley” komplementeer die ander snitte uitstekend en sorg vir ‘n album wat nog voluit sal voortstoom teen

die tyd wat jou lyf poegaai gedans is, maar jou hart jou sal saamsleep vir meer – ‘n móét vir enige dansliefhebber se versameling!

Die album is nou landswyd beskikbaar.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

`n Goeie jaar vir die sangeres Janie Bay.

“Amper Daar” nommer 1 op Jacaranda FM SA Top 20, Groot FM, Maroela en Joox.Goue …

Taye Brink stel nuwe musiekvideo bekend!

Die talentvolle en pragtige Taye Brink van Boksburg het onlangs die musiekvideo vir haar tweede …