Dinsdag , Desember 11 2018
Home / Afrikaanse flieks en Teater / Ongelooflike ondersteuning vir die bekroonde Ellen Pakkies-film!

Ongelooflike ondersteuning vir die bekroonde Ellen Pakkies-film!

ELLEN, DIE ELLEN PAKKIES STORIE is op Vrydag, 7 September 2018, amptelik vrygestel in plaaslike bioskope en het ongelooflike ondersteuning en terugvoer vanaf die Suid-Afrikaanse publiek en media ontvang! Die skeppers van hierdie aangerypende rolprent is ongelooflik dankbaar vir die suksesvolle openingsnaweek van hierdie langverwagte speelfilm.

Die bekroonde prent het R968 408 verdien gedurende die openingsnaweek, wat voorafbespreekte kaartjieverkope insluit. Dit was ook in die sesde plek by die loket. Dit beteken dat meer as 14 808 kykers reeds hierdie ongelooflike fliek ondersteun het, wat drie toekennings by vanjaar se Silwerskermfees gewen het, waaronder Beste Draaiboek – Amy Jephta; Best Aktrise – Jill Levenberg en Best Akateur.

Rolprentkenners was ook gaande oor die film en Leon van Nierop het dit ’n 10/10-gradering gegee en die fliek beskryf as “’n lewensveranderende ervaring wat gesien moet word”.

“Hierdie is ’n lewensveranderende film. Daryne Joshua het ’n rolprent van internasionale standaard gemaak.”Leon van Nierop

“Alles omtrent hierdie film, bly eg aan Ellen Pakkies se storie.”El Broide, People Magazine

“Hoe die Ellen Pakkies Storie vertel word op die silwerskerm is ’n rolprentmeesterslag, wat jou op die punt van jou stoel hou van begin tot einde.” – Ryan Swano, BruinOu.com

“Dit is ’n ware verhaal met ’n boodskap wat almal, regoor die wêreld, op ’n manier raak. Ons kry hier die geleentheid om die vervalle verhouding tussen ma en seun eerstehands te ervaar.” – Graye Morkel, Channel24 (5-sterre)

“Dit is baie maklik om met ’n storie soos hierdie een toe te laat dat emosies in die pad staan van die ware beoordeling van die prent. In hierdie geval, is elke stukkie lof wat uitgedeel is, welverdiend.” – Orielle Berry, IOL (4.5-sterre)

Ellen, Die Storie Van Ellen Pakkies is ’n Trots Suid-Afrikaanse fliek, wat net weereens demonstreer watter impak ’n storie kan hê – veral as dit nog boonop ’n ware verhaal ook is.” – Peter Feldman, The Citizen (4-sterre)

ELLEN, DIE ELLEN PAKKIES STORIE  is geskep onder leiding van die bekroonde regisseur, Daryne Joshua (Noem My Skollie), met die bystand van vervaardigers, Schalk-Willem Burger en Paulo Areal, en insae van die regte Ellen Pakkies.

Die rolprent het reeds oorsee ook opslae gemaak en is by die Rotterdamse Internasionale Rolprentfees vertoon, asook by die vier-en-veertigste jaarlikse Seattle Internasionale Rolprentfees (SIFF) in die VSA. Die rolprent delf in die innerlike psige van ’n familie wat deur dwelms vernietig word in een van die gevaarlikste plaaslike gemeenskappe.

Clint Brink (Binnelanders), Ilse Klink (Stroomop, Isidingo), Elton Landrew (Suidooster, Dryfsand) en Russel Savadier (The Wild, Isidingo, Black Sails) is ook in die rolprent te sien.

Hierdie rolprent is vervaardig in samewerking met TMPBC (The Moving Billboard Picture Company), M-Net, kykNET Films en die Departement van Handel en Nywerheid (DTI) en word versprei deur Filmfinity (Edms) Bpk. Dit wys tans by die volgende bioskope:

SKT:

Bay West

Tygervalley

Cape Gate

N1 City

Blueroute

Somerset Mall

Parow

Promenade

Garden Route Mall

Maerua Mall – Windhoek

Mimosa Mall

Gateway

Ilanga Mall

Mooi Rivier

Brooklyn Mall

Kolonnade

Irene Mall

Rosebank Nouveau

Cresta

Vaal Mall

Southgate

East Rand Mall

NuMetro

Canal Walk

Grandwest Casino

Key West

Loch Logan

Menlyn Park

Worcester

Parkview

Onafhanklik

Epic Mall@Reds

Epic Northridge

Minimax Cine1/2 – Paarl

Movies@Monte

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Liewe Lisa… nuwe fliek

LIEWE LISA, die debuutfilm van KOMPANJIE STORIES, se plakkaat is vandag bekendgestel. Die film word …

Juju Mafela volg in pa se voetspore

Die internasionaal- en SAFTA-bekroonde rolprentmaatskappy, Penguin Films, is baie trots om aan te kondig dat Juju …