Woensdag , Augustus 15 2018
Home / Afrikaanse Musiek / Om te praat sonder om ‘n woord te sê…

Om te praat sonder om ‘n woord te sê…

Wanneer die wêrelde van ranglys-treffers,klassieke instrumente en kleurryke digitale effekte mekaar ontmoet, ontstaan ‘n album soos “Woord’loos” – ‘n kaleidoskoop van klank wat enige ware musiekliefhebber in vervoering sal hê!Screen Shot 2016-02-13 at 08.23.39

Die album beslaan 16 snitte waar musiek van onder andere Karen Zoid, Andriëtte, Bobby van Jaarsveld, Gé Korsten, Theuns Jordaan, Dozi en Romanz meesterlik tot instrumentale weergawes verwerk is.

“Woord’loos” is ‘n konsep deur Johan Hanekom en Bino Boshoff, met Sean Butler in beheer van verwerkings en produksie.  Sean skuif ook agter die klavier en mikrofoon in, met Francious Steyn op kitaar en Susan Mouton op tjello – ‘n kombinasie van eersteklas Suid-Afrikaanse talent wat ‘n produk van wêreldgehalte lewer.

Die tema van hierdie album is “Liefde”, met treffers soos “Sewe oseane”, “Aan jou vas”, “Dans”, “Liefling”, “Ballade vir ‘n enkeling”, “My hele hart” en talle ander immergewilde gunstelinge wat met instrument en keurig-uitgesoekte effekte ‘n gedaanteverwisseling ondergaan: pop-, komtemporêre en alternatiewe treffers met ‘n klassieke baadjie.

Die album is nou landswyd beskikbaar.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Martin Bester wil net wees wie hy is, sonder toestemming!

Net wanneer jy dink dat Martin Bester jou nie nog meer kan beïndruk nie, verras …

Leon Gropp stel nuwe musiekivdeo op unieke wyse bekend!

Leon Gropp se eerste solo-enkelsnit, BAKENLIG, is reeds ‘n paar weke gelede met groot sukses …