Saterdag , September 22 2018
Home / Afrikaanse Musiek / Nuwe musiekvideo en album vir talentvolle Charlize Berg

Nuwe musiekvideo en album vir talentvolle Charlize Berg

Die SAMA-, Ghoema- en Huisgenoot Tempo-genomineerde Charlize Berg se splinternuwe album, As Jy Weet Dis Liefde, is pas bekendgestel en daarmee saam is haar musiekvideo BRAAF ook die afgelope naweek uitgereik!  Kyk en deel asb. die musiekvideo: 

Saam met bekende liedjieskrywers soos Vaughan Gardiner, Johan Oberholzer, Roux Cloete, Bouwer Bosch, Joe Foster en Johan C Venter, het Charlize daarin geslaag om ’n vars en internasionale klank in Afrikaans op haar nuwe album te skep.

Wat Charlize van ander kunstenaars onderskei, is die feit dat haar album nie slegs uit ‘een treffer’ bestaan nie, maar liedjies soos Braaf, Hartseer Hart en As Jy Weet Dis Liefde, Asof Liefde Nie Seermaak Nie, Ontbreek, is ook treffersparade-materiaal.

Liedjies soos Sink ons saam?, Kry My In Die Middel en Breek het ’n internasionale klank wat vergelyk kan word met die van sangeresse soos Taylor Swift en Ellie Golding.

Before I Knew is die laaste snit op die album en is ’n ongelooflike duet saam met Joe Foster wat tot luisteraars se siele san spreek.

Charlize is opgewonde oor haar nuwe album en was deel van die skryfproses en die kies van elke liedjie, “so dit beteken vir my iets persoonliks en gee ’n stukkie van my hart” sê Charlize.

Volgens haar kan bewonderaars beslis ’n unieke album verwag, van saamsing-liedjies tot danstreffers en ballades. Sy sê: “Die album is geïnspireer deur liefde. Om jouself op te tel na hartbreek of om by ’n punt te kom in jou lewe waar liefde jou altyd sal inspireer om onvoorwaardelik jouself te kan wees.”

Charlize het in 2014 twee SAMA-nominasies ontvang as Vroulike Kunstenaar van die Jaar en Beste Pop Album vir haar album, Charlize Berg. In 2013, het sy ’n Rapport/Vonk-toekenning ontvang as Suid-Afrika se blinkste musiekvonds.

Charlize Berg: As Jy Weet Dis Liefde 

  1. As Jy Weet Dis Liefde (J Oberholzer)
  2. Asof Liefde Nie Seermaak Nie (Rasmussen, Sarah Westen/Winther-John, Marcus/Joergensen, Johannes R)
  3. Braaf (Roux Cloete / Bouwer Bosch / Charlize Berg)
  4. Sink ons saam? (Winther-John, Marcus/Ducornet, Jean-yves)
  5. My Hart Myne (Roux Cloete / Bouwer Bosch / Charlize Berg)
  6. Hartseer Hart (Vaughan Gardiner)
  7. Ontbreek (Kempe, Fredrik Lars/Kreuger, David Bengt/Pirouzpanah, Hamed)
  8. Kry My In Die Middel (Charlize Berg / Johan C Venter / Joe Foster)
  9. Losbreek (Roux Cloete / Andre Scheepers)
  10. Nooit Weer Is Te Vroeg (Johan Oberholzer)
  11. Breek (Braager, Rune/Winther-John, Marcus/ Stjernberg, Robin)
  12. Before I Knew – duet met Joe Foster (Charlize Berg / Joe Foster / Johan C Venter)

Vervaardigers:

Murray Lubbe: Losbreek / Hartseer Hart /Braaf /As jy weet dis liefde

Robin Kielly:    Sink ons saam? / Ontbreek

Ewald Jansen van Rensburg:  My Hart Myne / Breek/ Kry my in die middel / Before I knew / Asof liefde nie seermaak nie / Nooit weer is te vroeg

Sosiale Media-skakels 

Facebook

Twitter: @charlizeberg

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

DIE GELOFTE vir die eerste keer in Afrikaans!

Johan Vorster en Christoph Kotzé het kragte saamgesnoer en DIE GELOFTE vir die eerste keer …

Adam Tas se nuwe album is hier!

Adam Tas se growwe rasperstem en emosiebelaaide lirieke, het van dag een af diep kom …