Die fliek waarin John Travolta lewe gee aan een van die mees berugte bendelede sedert Al Capone, GOTTI, is van hierdie naweek af te sien op die grootskerm!
Travolta is reeds vir ’n hele aantal jare betrokke by die projek en is een van ’n handjievol akteurs wat deur die Gotti-familie goedgekeur is om die rol te speel. “Ek was regtig verbaas en gevly dat hulle gedink het dat ek geskik is vir die rol. Dit was ’n wonderlike uitdaging om aan te pak,” vertel hy.
In GOTTI, vertel die akteur-regisseur, Kevin Connolly, en draaiboekskrywer, Leo Rossi (wat ook in die film te sien is), die storie van die bekende bendeleier, John Joseph Gotti, en hoe hy die hoof van die Gambino-misdaadfamilie in New York geword het. Die verhaal, wat uit die seun – John Gotti Junior (Spencer LoFranco) – se oogpunt vertel word, speel af oor drie dekades en ondersoek Gotti se onstuimige lewe en hoe hy en sy vrou, Victoria (Kelly Preston), die familie probeer bymekaar hou deur verskeie tragedies en beproewinge.
Hierdie prent spring rond tussen die belangrike gebeure wat gelei het tot sy misdadige loopbaan in die 1970’s en die nabetragting hiervan in die 1990’s asook die invloed wat hierdie leefstyl op sy gesondheid gehad het. Dit skep ’n eerlike beeld van ’n man wat se lewe deur geweld en misdaad gekenmerk is, maar ten spyte van alles ook lief was vir sy familie.
Die emosionele hart van die fliek, lê egter in die verhouding tussen Gotti en sy seun, wat op die ou einde aanleiding gee tot die manier waarop die storie vertel word. Trouens vind daar reg deur die loop van die fliek ’n gesprek plaas tussen pa en seun, oor die feit dat laasgenoemde sy pa se toestemming wil hê om die bendelewe op te gee as gevolg van sy groot liefde vir sy eie gesin.
Vir Connolly was die vooruitsig om op stel te wees saam met iemand van John Travolta se kaliber ’n ongelooflike geleentheid en ook wat hom aangetrek het tot dié projek. Met Travolta as die hartklop van die fliek, het die opkomende regisseur gevoel dat hy die geleentheid het om te eksperimenteer en toe te laat dat die projek natuurlik ontwikkel. “Ek het idees van hoe ek dinge gedoen wil hê, maar as ’n akteur – veral een met soveel ondervinding soos John Travolta – se idees ietwat van myne verskil, is ek oop vir voorstelle. Ek wil elke akteur die geleentheid gee om hulle keuses te ondersoek en probeer dan om aanpassings te maak, sodat almal gemaklik kan voel,” meen Connolly.
Die rolprent, wat reeds baie reaksie oorsee uitgelok het, sluit ook uitstekende en outentieke spel in deur akteurs Stacy Keach, Pruitt Taylor Vince en William DeMeo.
Buiten daarvoor dat hierdie merkwaardige fliek GOTTI se storie vertel, help dit jou ook om te besef dat familie steeds alles vir iemand kan wees, al het hy êrens die reguit pad byster geraak. Dit is ’n verhaal van liefde, teenspoed, verlies, verraad, verdeeldheid en eenheid, wat jou vasgenael sal hou van begin tot einde.
Wat oorsese kykers dink…
“Ek het die fliek baie geniet en John Travolta vertolk die rol van John Gotti baie goed. Dis ’n ware verhaal met ’n baie spesifieke dinamika, wat lei tot behoorlike klimaks en struktuur. Dit gaan oor John Gotti se lewe en dit word puik weergegee! Ek beveel dit beslis aan! Topgehalte fliek!” – @gtortola, IMDb
“GOTTI onthul die waarheid oor ’n wêreld vol verlore prioriteite en versteekte geheime. John Travolta se toneelspel is uitstaande en verdien dit om vereer te word.” – @marasco_kim, IMDb
GOTTI word versprei deur Filmfinity (Edms) Bpk. en sal vanaf 23 September 2018 by die volgende bioskope te sien wees:
Ster-Kinekor
Sam Levy
Bay West
Cape Gate
Bayside
Promenade
The Grove, Windhoek
Musgrave
Gateway
Mall of Africa
Sterland
Brooklyn
Kollonade
The Zone, Rosebank
Sandton
Southgate
Cresta
Mall at Carnival
NuMetro
Menlyn
Pavilion
Canal Walk
Onafhanklik
Epic Mall@Reds
Epic Northridge
Epic Sun City
Killarney
Midlands
Movies @ Emnotweni
Movies @ Monte
NC Masa
Suncoast Cine
INTERNASIONALE SKAKELS
Twitter: @Gotti_Film
Instagram: @gottimovie