Donderdag , November 22 2018
Home / Afrikaanse flieks en Teater / Nuwe geselsprogram vir kykNET&kie!

Nuwe geselsprogram vir kykNET&kie!

Een van die dae kan kykers regskuif vir ’n heerlike kuier saam met Zelda la Grange, Kay Karriem, Tracey Lange, Ingrid Jones en Success Lekabe.

Vyf vroue, vyf uiteenlopende opinies, een onderwerp en ’n gehoor – ’n geselsprogram met ’n verskil wat vanaf Julie 2018 op kykNET&kie DStv-kanaal 145 te sien sal wees.

Tussen Ons is die splinternuwe, weeklikse geselsprogram op kykNET&kie DStv-kaanl 145  waarin Zelda la Grange, Kay Karriem, Tracey Lange, Ingrid Jones en Success Lekabe die wêreld se probleme gaan oplos. Dis ’n weeklikse saamkuier, saampraat, saamlag wegbreek-uur waar vyf formidabele vroue ’n bietjie gaan gesels oor die dinge in die wêreld wat vir jou belangrik is.

Verskeie kwessies gaan aangeraak word, waarby veral vroue gaan aanklank vind.

Die program word vervaardig deur kykNET en Homebrew Films (Jou Show, Bravo, Kwêla) en sal voor ‘n gehoor verfilm word by Atlantic Studios in Kaapstad. Hou die kykNET platforms dop vir meer informasie om deel van die gehoor te wees.

Tussen Ons sal elke Donderdagaand om 20:00, vanaf Julie 2018 op kykNET&kie DStv-kanaal 145 uitsaai.

Klik hier en ontmoet die 5 vroue van Tussen Ons.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Juju Mafela volg in pa se voetspore

Die internasionaal- en SAFTA-bekroonde rolprentmaatskappy, Penguin Films, is baie trots om aan te kondig dat Juju …

Waarna jy kan uitsien in BINNELANDERS in November!

Donderdag, 1 November (Episode 104/3120) Nina veroorsaak dat Jax hospitaal toe trek, en Mercia deel …