Thursday , November 26 2020
Cheap domain registration and hosting!

Nuwe enkelsnit sal seker maak die kollig bly op Rooksein!

Die talentvolle driemanskap, Rooksein, se enkelsnit ONTHOU JY DIE DAE is onlangs uitgereik en met hierdie liedjie, wat gereeld op radiostasies landswyd gehoor kan word, het hulle verseker die aandag van menige musiekliefhebbers en Suid-Afrikaners begin trek.

Hulle splinternuwe enkelsnit, WEES VRY, wat nou, gedurende Mei 2020 radiostasies landswyd sal tref gaan beslis verseker dat die kollig op hierdie Potchefstroomse musiekgroep bly.  Die groep wat bestaan uit Megan Danner (21), die hoofsanger en enigste eva kom van Paarl in die Weskaap. Dian Maritz (20) is die hoofkitaarspeler en agtergrondsanger van die driemanskap en kom vanaf Plettenbergbaai. Renier van der Westhuizen (22) is ’n liedjieskrywer en musikant van Rustenburg, wat inspirasie put uit die waarhede en emosies in die lewe. Rooksein is deur Renier gestig en maak al opslae vandat hulle in 2018 saam begin optree het.

Die liedjie is geskryf deur Renier en anders as hulle ander liedjies.  Die onderwerp van die meeste van hulle musiek is liefde en verhoudings, maar met WEES VRY het hulle besluit om oor iets dieper te skryf en sing en raak hulle aan ‘n meer sensitiewe onderwerp wat oor die algemeen vermy word.  ‘n Onderwerp wat wat niemand kan vermy nie, maak nie saak wie of wat jy is nie… die dood.  “WEES VRY probeer sê dis okay ek weet dit is seer maar alhoewel dinge nie nou fine lyk nie sal die son weer môre skyn, dalk nie so helder soos toe alles nog fine was nie, maar elke dag sal die son ‘n bietjie helderder raak”, sê Renier.

Renier het WEES VRY geskryf uit die perspektief van ‘n persoon wat doodgaan en dié se boodskap aan die persoon wat agterbly.  “Die dood van iemand na aan ons is een van die seerste seer wat ons as mense ooit sal ervaar.  Maar hierdie liedjie is geskryf as die laaste woorde van die persoon wat sterf om aan die een wat agterbly te sê dis okay want ek is op ‘n beter plek, ek weet dit is seer, maar dit sal beter word, moenie laat hierdie jou onder kry nie.  Lewe jou lewe ten volle, wees vry want dit is wat ek vir jou wil hê.  Nie seer en spyt en hartseer en onsekerheid nie”, sluit hy af.

WEES VRY gaan verseker diepte in mense se harte vind, vanaf die eerste keer wat jy dit hoor en jou beslis laat besef hoe mooi die lewe is.  Geniet dit vir wat dit is, terwyl jy kan want niemand van ons weet wat môre inhou nie.

“Hou my in jou gedagtes en weet ek kyk uit vir jou, maar gaan en lewe, gaan en wees vry”.

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook
Instagram: @rooksein
Webblad

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Katinka bring haar Sass…. die nuutste Somer-treffer!

Katinka, beter bekend as Katinka Die Kat is reeds bekend as ‘n sosiale media influencer …

Die romantiese kant van Brendan Peyper!

Ons kan almal debateer oor die jaar 2020 wat nou uiteindelik op sy einde staan, …