Dinsdag , November 19 2019
Home / Afrikaanse Musiek / Nuwe enkelsnit Die Heelal met Janie Bay en Early B pas uitgereik!

Nuwe enkelsnit Die Heelal met Janie Bay en Early B pas uitgereik!

Die gewilde sangeres Janie Bay het pas haar tweede enkelsnit in 2019 uitgereik. “Die Heelal”, in samewerking met die bekende Afrikaanse rapper Early B, is soos Bay dit beskryf: “‘n baie diep song op ‘n “bed of beats”.

Janie Bay hoop dat “Die Heelal” mense sal aanraak. “Ek is baie dankbaar vir hierdie lied wat ek en Hunter Kennedy saam geskryf het. Dis vir my baie na aan die hart. Ek is omtrent opgewonde oor die samewerking met Early B. Dit was vir my baie cool dat hy ingestem het om dit saam met my op te neem.Hy is volgense my `n belangrike stem vir alternatiewe Afrikaanse musiek.”

Janie vertel dat hulle in aparte studios gewerk het. “Ek het vir Early die lirieke en musiek gestuur. Hy het daarna geluister en sy deel geskryf en opgeneem. Ons het net gekliek. Ek is mal oor wat hy daarmee gedoen het. My hoop is dat mense op hulle eie manier met “Die Heelal” sal kan identifiseer en dat hul daar uit sal neem wat hul persoonlik nodig het.”

Early B vertel dat dit vir hom `n eer was om “Die Heelal” liedjie saam met Janie op te neem: “Ek’s ‘n Fan van haar werk. Die musiek gaan langer as ons hier op aarde wees en ek is trots om te se ek is deel hiervan. Ek voel hierdie ene gaan mense sommer vir baie jare bybly. Ek`s vrek excited vir die song!”

Dit is `n opwindende tyd vir Janie Bay. Haar eerste Afrikaanse enkelsnit “Amper Daar” wat in Mei vanjaar uitgereik is, het die afgelope paar maande groot sukses op SA trefferlyste gehaal. Dit het die nommer een posisie op Jacaranda FM se SA Top 20 bereik, sowel as nommer een op Groot FM, Maroela Media en Joox bereik. Haar musiek-paadjie het die afgelope paar jaar indrukwekkende draaie geloop. Sy het in 2016 `n platekontrak met Warner Music geteken en haar album “Miscellany” wat in 2017 uitgereik is was benoem vir `n SAMA. Die liedjie “Can`t be the One” vanaf hierdie album het in 2018 `n Goue Toekenning vir “Beste musiek in `n Video” by die Queen Palm International Film Fees in Palm Springs, California ontvang. Videos van samewerkings tussen Janie en verskeie gewilde kunstenaars onder andere Jack Parow, Hunter Kennedy, Bouwer Bosch en Jan Bloukaas is kollektief al `n paar honderd-duisend keer op die internet gekyk.

Janie Bay het onlangs voor groot gehore by Parklife in Johannesburg en Rocking Potch opgetree. Meer as 8000 mense het die konsert in Potchefstroon bygewoon.

Janie se musiek kan ook gehoor word in die plaaslike films “Mooirivier” en “Vir Altyd.” Sy het ook haar eie weergawe van “You are my Sunshine” opgeneem vir die fliek “Stroomop.”

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Kyle Grant: Grown-Up Christmas list se musiekvideo is hier!

Die uiters gewilde en talentvolle, Kyle Grant, het onlangs sy enkelsnit, GROWN-UP CHRISTMAS LIST, vrygestel. …

Jauni M stel nuwe enkelsnit bekend!

Jauni M het gedurende Junie 2019 haar debuut-album,  NIEMAND ANDERS, uitgereik en daarmee bewys dat sy …