Friday , February 26 2021

Nuut: Geraldene – energiek en met oorgawe!

Met haar borrelende geaardheid, lewer Geraldene tans ‘n energieke vertoning met oorgawe wat oud en jonk op hul voete hou. Met haar genre van Afrikaans, Rock & Pop, Country maak sy ook ‘n draaitjie in die Boeremusiek.

Sy is tans ook een van die opwindendste jong opkomende kunstenaar wat die musiekbedryf betree, en is baie bemind by die publiek.Screen Shot 2016-02-11 at 08.54.16

Geraldene is geen onbekende by die groter kunstenaars soos Armand Hofmeyr (saam wie sy ook ‘n liedjie MAAR HEY! opgeneem het), Dirk van der Westhuizen, Marulaboom en vele ander nie. Haar liedjie TE LAAT, se video-opname sal eersdaags op TV verskyn, en sal haar nuwe cd vrygestel word Maart 2016.

Tans beplan Geraldene om ‘n musiektoer deur die Kaapprovinsie te doen na haar optrede by die KKNK te Oudtshoorn.
Hier is haar musiekvideo. Laat weet wat julle dink!

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Brendan Peyper – Dis alles jy nuwe enkelsnit!

Met meer pret en lighartige liedjies soos “Lekkerder op my Trekker” en “Vasdanslyf ” op …

10 miljoen trefslae vir Boerepompie!

Op 7 April 2020 word die treffer Hardekole (Ricus Nel ft. Refentse, Adam Tas & …