Donderdag , Oktober 17 2019
Home / Afrikaanse Musiek / NRG – Musiekvideo herskryf reëlboeke!

NRG – Musiekvideo herskryf reëlboeke!

Die gewilde Suid-Afrikaanse trio, NRG, is bekend vir hulle hoë-oktaan elektro-pop treffers, en met hulle nuutste musiekvideo toon die manne dat ook hulle skeppende- en regievaardighede nie ‘n enkele tree vir enige iemand hoef terug te staan nie!

“Kan jou nie keer” is ‘n blinknuwe enkelsnit wat vanaf ‘n klavier- en stem solo tot ‘n ryke vermenging van sintetiese klanke en harmonie opbou – ‘n laer-tempo stuk oor ‘n hart wat homself gesluit het vir liefde en in die proses die risiko loop om “die een” te verloor.image001

Die lede van NRG – Christiaan “Wolf” Botha, AB Kenobi en Mnr Stephantasties – het ‘n baie spesifieke visie gehad vir hoe die video vir hierdie snit moes lyk: iets wat die intense emosionele struwelings van ‘n donker tyd met impak, dog eenvoudig, kan weergee. Hulle het gevolglik die besluit geneem om self die stuur van steluitleg, kamera’s, klank-, beligtings- en vervaardigingstoerusting te neem en só ‘n deel van die reëlboek van die Afrikaanse musiekindustrie te herskryf.

Die eindproduk is ‘n sterk en emosiebelaaide musiekvideo wat – in swart en wit, met slim kamerawerk, ‘n uitstaande danselement en fyn digitale toorkuns – die presiese hartsbedoeling agter dié snit oordra.

NRG se drie manne is dit eens: “Dit was ambisieus, selfs ‘n waagstuk. Niemand besluit sommer goedsmoeds om ‘n video in ‘n garage sonder enige ‘behoorlik-gekwalifiseerde’ hulp op te neem nie, maar ons was lus vir iets wat die normale manier van dinge doen uitdaag. Dit was ‘n goeie paar dae se harde werk, maar ons is baie tevrede met die eindresultaat en sal baie graag wil hoor wat mense daarvan dink!”

“Kan jou nie keer” het reeds meer as vyf en ‘n half duisend kyke op Youtube verbygesteek:

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Douvoordag sing oor geloof, vergifnis en aanvaarding in nuwe enkelsnit!

Die gewilde duo, Douvoordag (Jattie & Ilse de Beer), sing oor geloof, vergifnis en aanvaarding in hulle …

Nuwe enkelsnit Die Heelal met Janie Bay en Early B pas uitgereik!

Die gewilde sangeres Janie Bay het pas haar tweede enkelsnit in 2019 uitgereik. “Die Heelal”, …

2 kommentaar

  1. Dis ‘n ongelooflike video – well done NRG!

  2. Die berig slaan die spyker op die kop, dit kon nie beter gestel gewees het nie! 😀 #awesomeness

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.