Nommer 37 se lokprent bekendgestel!

377

Die plaaslike misdaariller, NOMMER 37, deur Gambit Films, se amptelike lokprentis is vandag bekendgestel.

“Wanneer ’n fliek se naam NOMMER 37 is en in ’n fiktiewe area van die Kaapse Vlaktes afspeel, is dit maklik om aan te neem dat dit oor bendes gaan – maar dit doen nie. Dit is deur-en-deur ’n misdaadriller wat elke oomblik meer spanningsvol raak. Dit gaan oor alles wat vir ’n paartjie kan skeefloop wanneer depressie, nuuskierigheid, gierigheid, vrees en slegte keuses saamgegooi word,” sê regisseur en skrywer Nosipho Dumisa.

Irshaad Ally (Suidooster en Four Corners) speel die rol van Randal Hendricks wat onlangs deur ’n ongeluk gestrem gelaat en nou rolstoel- woonstelgebonde is. Hy is kniediep in die skuld by ’n sosiopatiese geldskieter met die naam Emmie (Danny Ross), wat sy pond vleis eis. Wanneer sy toegewyde meisie, Pam (Monique Rockman), vir hom ’n verkyker present gee kan hy sy bure dophou en sien hy op ’n dag hoe ’n gevaarlike bendeleier, Lawyer (David Manuel), ’n moord pleeg en besluit om hom af te pers vir geld. Met verraad en gierigheid om elke hoek en draai, neem die gebeure wat volg hulle op ’n lewensgevaarlike reis, soos wat die wêreld rondom hom verder en verder in chaos gedompel word.

Die talent van verskeie plaaslike akteurs, waaronder Sandi Schultz (Binnelanders, Noem My Skollie), Deon Lotz (Hansie, Faan se Trein), Elton Landrew (Die ek, Anna, Dryfsand, 7de Laan), Ephraim Gordon (Class Act), Danny Ross (Broken Vows, Suidooster), David Manuel (The Outsiders, Noem My Skollie) en Amrain Ismail-Essop (This Life, Forgiveness) word ten toongestel, terwyl Monique Rockman ook beïndruk in haar eerste hoofrol op die grootskerm.

Kyk die lokprent hier:

NOMMER 37 word gedurende die week van 9 tot 16 Maart 2018 op die grootskerm bekendgestel by die internasionale SXSW-rolprentfees in Texas, Amerika.  Dit is die heel eerste Suid-Afrikaanse vollengte speelfilm om ‘n SXSW seleksie en wêreld premier te ontvang.

NOMMER 37 is ’n spanningsbelaaide grootskerm-ervaring, wat kykers op die punte van hulle stoele sal hou tot en met die laaste toneel.

Die rolprent is vervaardig deur Gambit Films in samewerking met kykNET Films, M-Net, XYZ Films en Die Departement van Handel en Nywerheid (DTI). Dit word plaaslik, op 1 Junie 2018, vrygestel deur Ster-Kinekor Entertainment en sal ook internasionaal versprei word deur XYZ Films.

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook

Twitter: @Nommer37Film

Instagram: @nommer37film

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Advertensie