Die kosskrywer, kok en deesdae TV-persoonlikheid Sarah Graham het ’n nuwe reeks geskep wat deels herinnering-, deels leefstyl- en deels reisprogram is. Saam met Suid-Afrika se gunstelingwyn Drostdy-Hof blaas sy lewe in haar passie vir heerlike kaalvoetkos terwyl sy op haar nuwe program Sarah Graham’s Food Safari orals in suider-Afrika rondreis.
Hier pas sy die weelderig aromatiese vrugtesmake van die Drostdy-Hof Adelpracht by haar maklike en heerlike resep vir Nektarien-en-gemmer-krummelnagereg. Dis propvol smake van droë appelkose, -perskes en ’n tikkie heuning. Die halfdroë wyn beklemtoon ook die speserye in Sarah se skep nog-gereg baie slim.
Lewer 2 porsies | Voorbereiding 10 minute | Gaarmaaktyd 10 minute
BESTANDDELE
4 ryp nektariens (of pruime)
1 t botter
1 t taai bruinsuiker
1 takkie vars tiemie (of roosmaryn)
4 tot 6 gemmerkoekies, in ’n plastieksakkie grof fyn gedruk (gebruik ’n roller of wynbottel)
Klein handvol geroosterde amandels of pekanneute, gekap, vir garnering
Slagroom, vanielje-roomys of mascarpone vir bediening
- Verhit ’n roosterpan oor matige tot hoë hitte.
- Halveer die nektariens, verwyder die pit, strooi ’n bietjie suiker oor die snykante, en plaas saam met die botter en tiemie in die roosterpan.
- Maak 2-3 minute lank op die snykant gaar, of tot dit bruin is en borreltjies maak. Verwyder van die hitte en plaas eenkant om af te koel.
- Verdeel die gemmerkoekiekrummels tussen die dienglase of -bakkies, en plaas die vrugte, nog krummels en neute in lae daarin.
- Bedien dit terwyl dit nog warm is, met ’n klont slagroom, vanieljeroomys of mascarpone en ’n glas verkilde 2015 Drostdy-Hof Adelpracht.
Gaan na www.drostdyhof.com/za vir meer oor die handelsmerk.
Volg Drostdy-Hof op Facebook en Twitter.
Praat saam met #RealWineRealMoments