Pieter Cloete

Honours student (Wits)

Blogger

Music data

Charts

Radio

Afrikaans music

Pieter Cloete
Pieter Cloete
Pieter Cloete
Pieter Cloete
Pieter Cloete
Pieter Cloete

Honours student (Wits)

Blogger

Music data

Charts

Radio

Afrikaans music

Blog Post

Neels is gereed om liefde te vind

Neels is gereed om liefde te vind

Hy het ‘n groot liefde vir teater, branderblankry en gholf, maar daar is een liefde waarna hy nog smag. Akteur Neels van Jaarsveld is op soek na ware liefde en kykNET (DStv-kanaal 144) gaan hom help om sy regte pasmaat met die realiteitsprogram, Op my Eish, te vind.  

Neels is veral bekend vir sy TV-rolle in Fynskrif, Die Spreeus, Dwaalster,
Madiba, Hotel, Binnelanders, Waterfront, Fluiters, Bloedbroers
en Vloeksteen. Op die silwerdoek was hy al te sien in flieks soos Knysna, Jagveld, Ander Mens, Table Manners, Griekwastad, Poppie Nongena en ‘n Man soos my Pa. Hy het egter ook honderde verhoogproduksies agter sy naam, insluitende Koningin Lear, Melk & Vleis, Die Garage, Op my Eish, Land van Skedels, Lot en Babbel.

In die realiteitsprogram, Op my Eish, vertolk Neels egter nie ‘n rol nie – hy is ‘n doodgewone man wat graag liefde wil vind en sy lewe met iemand wil deel. “Ek geniet my werk as akteur, maar ek mis ‘n spesiale persoon langs my sy – iemand wat die vreugdes en hartseer van die lewe met my kan deel; iemand met wie ek die normale dinge in die lewe kan geniet, wat my kan laat lag en saam met wie ek onthou-oomblikke kan beleef,” sê Neels. 

Kykers kan uitsien na Op my Eish in April 2021, waar Neels vir 13 weke lank na sy ideale pasmaat gaan soek – ‘n avontuur met ware liefde vir Neels as die eindbestemming.    

So, meisies wat 21 jaar of ouer is – as jy moeg is om alleen te wees, nie meer kans sien vir afsprake met paddas wat nooit in prinse verander nie en gereed is vir ‘n opwindende lewe saam met die hubare Neels, nou is jou kans! 

“Ek is op ‘n plek in my lewe waar ek ernstig is oor liefde vind,” sê Neels. “Op my Eish is ‘n nuwe hoofstuk in my lewe, ‘n magiese avontuur, ‘n tuimeltrein met die moontlike hoop van liefde en ‘n boodskap wat bars van positiweit.”

Inskrywings vir Op my Eish is oop vanaf 25 November 2020 en sluit op 25 Desember 2020. 

‘n Paar van Neels se gunsteling dinge:

Kleur: Blou

Kos: Beeshaas

Dier: Luiperd

Reisbestemming: Kruger Nasionale Park, Rome en Zanzibar

Musiekgroep: Fleetwood Mac en Fokofpolisiekar

Boek: Still Life with Woodpecker deur Tom Robbins

Stokperdtjies:  intelligente gesprekke, poësie, gholf en branderplankry 

Fliek: Birdman

Aanhaling: ‘Be yourself, everyone else is already taken’

Inskrywings is nou oop op kyknet.dstv.com.