Saturday , January 16 2021
Cheap domain registration and hosting!

Nathan Smith stel musiekvideo vir titelsnit van nuwe album vry!

“Beplan jou beste vir môre, maar leef vir vandag en geniet wat jy het, want môre sal vir
homself sorg”. –  Nathan Smith

Bekroonde kitaarspeler, sanger en liedjieskrywer Nathan Smith se splinternuwe album met oorspronklike werke, Here’s to the Now, is gedurende Julie hierdie jaar vrygestel en dié album word deur ander kunstenaars en musikante in die bedryf soos Bobby van Jaarsveld, Riana Nel, Francois van Coke, Ricus Nel en talle ander as ‘n meesterstuk beskryf!!

Die eerste twee enkelsnitte vanaf die album, DECISIONS en CLOSER, wat gelyktydig aan radiostasies vrygestel is, is ongelooflik goed ontvang en kan gereeld oor die klankgolwe van stasies landswyd gehoor word.

Die titelsnit, HERE’S TO THE NOW, gaan daaroor om so besig te wees met wat ‘n mens moet doen en wil bereik of met ‘n situasie dat jy al die goeie dinge en tye van menige ervaringe misloop.    “In my geval was dit om wonderlike oomblikke saam met my vrou, Jackie, mis te loop. Om daar te wees, maar nie regtig daar nie, nie regtig te geniet nie, die geleentheid te mis om die kein goedjies in die lewe te geniet wat eintlik die groot goed in die lewe is.  Met HERE’S TO THE NOW sê ek jammer daaroor en dat ek nou dag vir dag sal leef of elke oomblik saam met haar te kan geniet”, sê Nathan.

SOSIALE MEDIA SKAKELS:
Facebook

Twitter

Instagram

YouTube

Webtuiste

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

10 miljoen trefslae vir Boerepompie!

Op 7 April 2020 word die treffer Hardekole (Ricus Nel ft. Refentse, Adam Tas & …

Water onder Andriëtte se brug!

Met Platinum-toekennings agter haar naam, is Andriëtte een van Suid-Afrika se top Afrikaanse Vroulike kunstenaars …