Wednesday , March 3 2021

Nagligte opgeraap deur Universal Music!

Die nuwe “rock” groep, NAGLIGTE, het vroeg in September 2015 hulle eerste enkelsnit en liriekvideo DIT STOP NOU bekendgestel.  Die reaksie vanaf media en die publiek was oorweldigend en binne slegs ‘n week weke na hierdie eerste uitreiking het hulle die aandag van een van die méés gesogte platemaatskappye in die wêreld getrek.  Universal Music Suid-Afrika het nie gras onder hulle voete laat groei nie, dadelik die talent raakgesien en hierdie nuwe rockers opgeraap!

Die drie lede, Jacobus (Roof) Brink (voorsanger, kitaar en klavier), Wynand Jonker (kitaar) en Daniel (Eddie) Brink (dromme) het verlede week na Johannesburg gereis waar hulle die amptelike kontrak met dié gesogte Platemaatskappy onderteken het.

“We are thrilled at the opportunity to work with the boys from Nagligte. We’ve wanted to sign a good, cutting edge Afrikaans rock act for a while, and Nagligte tick all of the proverbial boxes. They’re a talented group of guys with a very clear vision of what they want to achieve.” (Kevin Grenfell – Head of A&R, Universal Music South Africa)

Die groep het in 2000 begin toe Roof en Wynand mekaar op Universiteit ontmoet het.  Albei was aanvanklik skepties oor die ander se musikale vernuf, maar van die eerste optrede was die skrif teen die muur: “We’re starting a band!”

Vir meer as ‘n dekade lank is die droom maar soos meeste drome eenkant toe geskuif om stof te vergader tussen IRP5s.  Aan die begin van 2014 het die droom uiteindelik begin momentum kry toe hulle saam met Eddie begin liedjies skryf het. “Ons was so gatvol vir ons werke.  Ons wou net iets doen om uit hierdie sieldodende bestaan te kom”, sê Roof.  Al drie die lede is voltydse besigheidsmanne.

“Ons beskou dit as ‘n groot eer en voorreg om saam met Universal Music Suid-Afrika te kan werk.  Ons is opgewonde om al van vroeg af die pad met hulle te stap en baat te vind by hul ervaring, eindlose hulpbronne en entoesiasme vir Afrikaanse Rock musiek. Daar is groot planne vir Nagligte en ons sien uit om saam suksesvol te wees en saam Afrikaans te laat rock.”  (Jacobus Roof Brink – NAGLIGTE)

NAGLIGTE se debuut album word gedurende November 2015 uitgereik.  Die amptelike bekendstelling van die album sal by Weiveld plaasvind op 25 November 2015.  www.weiveld.co.za

Volg NAGLIGTE hier:

Facebook

Twitter:  @nagligte

Webtuiste

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Brendan Peyper – Dis alles jy nuwe enkelsnit!

Met meer pret en lighartige liedjies soos “Lekkerder op my Trekker” en “Vasdanslyf ” op …

10 miljoen trefslae vir Boerepompie!

Op 7 April 2020 word die treffer Hardekole (Ricus Nel ft. Refentse, Adam Tas & …