Vrydag , April 26 2019
Home / Afrikaanse Musiek / Na rekordverkope vir AiG Kaapstad open vyfde vertoning vir die heel eerste keer!

Na rekordverkope vir AiG Kaapstad open vyfde vertoning vir die heel eerste keer!

Rekordverkope vir die Kaapse Afrikaans is Groot-konserte was reeds op die eerste dag wat dit by Computicket geopen het aangeteken en dít was ’n goeie voorspelling van wat verder verwag kon word. Vir die heel eerste keer ooit sal ’n vyfde Afrikaans is Groot-vertoning in Kaapstad aangebied word en kaartjieverkope vir dié konsert, wat op Donderdag, 14 Maart, om 19:30 sal plaasvind, open Donderdag, 24 Januarie om 10:00.

Verkope dui aan dat Kapenaars honger is vir Afrikaanse musiek en top-gehalte produksies. Kaartjies vir al die konserte op 15, 16 én 17 Maart is reeds uitverkoop. 

Die ekstra vertoning op 14 Maart bied aan Afrikaanse musiekliefhebbers wat nog nie kaartjies gekoop het nie, die geleentheid om Afrikaans is Groot in Kaapstad by te woon.

“Ons is absoluut oorweldig met hoe vinnig die kaartjies uitverkoop het,” het Arnold Coleske, uitvoerende vervaardiger van die konsert, gesê.

“Nadat ons rekordverkope op die eerste dag bereik het, het ons ’n vierde vertoning geopen, maar ons het nie gedink dat ons ’n vyfde konsert sal moet byvoeg nie. Ons is dankbaar vir elke lojale ondersteuner wat kaartjies gekoop het en verheug dat ons ’n ekstra vertoning kan aanbied,” het hy vertel.    

“Die kunstenaars is ook opgewonde en gelukkig kon almal darem hulle planne vir die Donderdagaand aanpas sodat dié vertoning kan plaasvind.”

Suid-Afrika se gunsteling-kunstenaars, soos Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Theuns Jordaan, Karlien van Jaarsveld, Bobby van Jaarsveld, Bok van Blerk, Jay, Riana Nel, Touch of Class, Tarryn Lamb, Dewald Wasserfall, Snotkop en Dirk van der Westhuizen, is almal saam op één verhoog.

Boonop kan konsertgangers ook uitsien na Demi Lee Moore, wenner van Die Kontrak, en naaswenner Ivan Roux, wat deel is van die konsert.

Dit is vanjaar die sesde keer wat Afrikaans is Groot in die Moederstad aangebied word sodat Kapenaars ook die produksie se uitstekende klank, skouspelagtige beligting en kreatiewe toevoegings kan geniet.

Afrikaans is Groot 2019 in Kaapstad vind plaas op Vrydag, 15 Maart om 19:30, Saterdag, 16 Maart om 13:00 en 19:30, Sondag, 17 Maart om 13:00 en nou ook op Donderdag, 14 Maart om 19:30. Kaartjies is slegs by Computicket beskikbaar. Kry joune aanlyn, of by Shoprite/Checkers en House & Home winkels. Wees waaksaam teen derde partye wat kaartjies aanbied.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

André Schwartz stel splinternuwe enkelsnit vry!

’n Superster word beskryf as ’n persoon of vermaaklikheidspersoonlikheid wat gevier word vir sy uitsonderlike …

‘n Móét vir vandag – Kaleidoskoop se nuwe video – Fakkels!

Die musiekvideo van die Huisgenoot Tempo- en Ghoema-bekroonde duo, Kaleidoskoop, se nuutste enkelsnit, FAKKELS, is …