Thursday , October 22 2020
Cheap domain registration and hosting!

‘n Liefdeshartaanval vir Riaan Grobler en Jennifer Zamudio

Toe Riaan Grobler die eerste keer Liefdeshartaanval gehoor het, het hy geweet hy moet dit opneem.  Die liedjie is spesifiek as ‘n duet geskryf en hy moes die regte sangmaat daarvoor kry en wou nog altyd iets saam met Jennifer Zamudio doen maar min het hulle geweet hoe goed dit gaan werk. Jennifer het dadelik ingestem, hulle het dit opgeneem en dit is ook die titel van Riaan se nuutste album.

“Dit is ‘n absolute voorreg om saam met Jennifer hierdie liedjie te sing want sy bring warmte na die lied toe wat die lied nodig gehad het.  Die verwerking daarvan is puik en ek glo daar gaan nog baie Riaan en Jennifer opnames in die toekoms wees.  Liefdeshartaanval kan soveel mense mee assosieer en komaan, wie van ons het nie al só gevoel nie?!” – vertel Riaan

Jennifer Zamudio wat al haar 20ste jaar in die musiekbedryf vier het geen bekendstelling nodig nie. Sy beskryf “Liefdeshartaanval” is een van daai liedjies wat sodra die lied begin speel dit dadelik jou aandag trek.

“Dit is verseker een van my gunsteling opnames, in my loopbaan, van die afgelope 20 jaar. Ieder en elk sal kan identifiseer met hierdie praglied. Was so lekker om saam met Riaan die musikale werk te kon vasvat en sien uit na sommer nog ‘n paar opnames in die toekoms.” – Vertel Jennifer

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Breeknuus: Daai deng tref die aarde!!

Is it on? Welkom by die vandag se nuus. My naam is Refentse Cruywagen. Ons …

Resensie: Jan Blohm se nuwe album – Jenny

Kunstenaar: Jan Blohm Album: Jenny Resensie: 10/10 Die eerste keer toe ek van Jan Blohm …