Woensdag , Junie 19 2019
Home / Afrikaanse Musiek / ‘n Liedjie vir Vadersdag!

‘n Liedjie vir Vadersdag!

Die liedjie “Pa”, het destyds uit Mynie Grové se pen gevloei nadat sy self haar pa op 7-jarige ouderdom aan die dood afgestaan het. Hy het gereeld briewe vir haar geskryf en hierdie woorde het vir haar ‘n riglyn geword op haar pad vorentoe… 

Francois van Rensburg het einde verlede jaar met Mynie kontak gemaak om te vra of hy die liedjie as ‘n huldeblyk vir sy pa (wat in Augustus oorlede is), kan opneem. Sy het ook ingestem dat Francois ‘n ekstra vers kan byskryf om die liedjie meer persoonlik te maak.

 “Die liedjie is aanvanklik vir my pa se gedenkdiens opgeneem, maar na die tyd het mense gevra dat hulle weer daarna wil luister en ek het dit toe op iTunes gelaai. Met Vadersdag wat om die draai is, wou ek graag iets spesiaal vir my pa doen. Ek het toe besluit om ‘n video vir die liedjie te skiet tydens ‘n onlangse besoek aan die Kaap.” Francois

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Jauni M se debuut-album sal by almal aanklank vind!

Daar is min sangers wat veelsydig genoeg is om ’n impak te hê in verskeie …

Boerepompie deur RICUS NEL ft. SNOTKOP!

Ricus Nel het ‘n baie unieke talent om nuutskeppings en nostalgie tussen twee omslae te …