Maandag , September 16 2019
Home / Afrikaanse Musiek / `n Goeie jaar vir die sangeres Janie Bay.

`n Goeie jaar vir die sangeres Janie Bay.

“Amper Daar” nommer 1 op Jacaranda FM SA Top 20, Groot FM, Maroela en Joox.
Goue Toekenning vir “Beste musiek in `n Video” by die Queen Palm International Film Fees.
Videos altesaam meer as 600 000 klieks op Youtube.
Nuwe enkelsnit word in Oktober uitgereik.

Die gewilde sangeres Janie Bay beleef `n opwindende tyd in haar sangloopbaan. Haar eerste Afrikaanse enkelsnit “Amper Daar” wat in Mei vanjaar uitgereik is, het die afgelope paar maande groot sukses op SA trefferlyste gehaal. Dit het die nommer een posisie op Jacaranda FM se SA Top 20 bereik, sowel as nommer een op Groot FM, Maroela Media en Joox. “Dit is `n baie goeie jaar vir my” vertel Janie. “Ek is baie bly dat ‘Amper Daar’ so goed doen en dat mense daarvan hou. Ek is ook besig met `n paar lekker projekte. Ek werk onder andere tans aan `n nuwe liedjie wat vroeg in Oktober uitgereik word”.

Janie Bay se paadjie het die afgelope paar jaar indrukwekkende draaie geloop. Sy het in 2016 `n platekontrak met Warner Music geteken en haar album “Miscellany” wat in 2017 uitgereik is was benoem vir `n SAMA. Die liedjie “Can`t be the One” vanaf hierdie album het in 2018 `n Goue Toekenning vir “Beste musiek in `n Video” by die Queen Palm International Film Fees in Palm Springs, California ontvang. Videos van samewerkings tussen Janie en verskeie gewilde kunstenaars onder andere Jack Parow, Hunter Kennedy, Bouwer Bosch en Jan Bloukaas is kollektief al `n paar honderd-duisend keer op die internet gekyk. Die video “Sterre Brand” waarin Janie saam met Jan Bloukaas verskyn, het tans al meer as 260 000 klieks op Youtube. “Veilig” met Jack Parow staan al op meer as 300 000.

Hennie Myburgh, programbestuurder Jacaranda FM noem dat Janie beslis iemand is om dop te hou: “Janie se musiek is wonderlik! ‘Sterre Brand’ en Amper Daar’ is beide groot treffers op Jacaranda FM en ons sien uit na nog baie meer van die super-talentvolle Janie Bay!”

Janie Bay het onlangs voor groot gehore by Parklife in Johannesburg en Rocking Potch opgetree. Meer as 8000 mense het die konsert in Potchefstroon bygewoon. “Hierdie twee konserte sal ek onthou as hoogtepunte van hierdie jaar. Dit was great.”

Janie se musiek kan ook gehoor word in die plaaslike films “Mooirivier” en “Vir Altyd.” Sy het ook haar eie weergawe van “You are my Sunshine” opgeneem vir die fliek “Stroomop.”

Hunter Kennedy, wat saam met Janie verlede jaar die liedjie “Wag vir Jou” opgeneem het, voel dat sy iemand is om dop te hou: “Janie is die outentieke vroulike, Alternatiewe Pop stem waarvoor ek al lankal wag.”


Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Taye Brink stel nuwe musiekvideo bekend!

Die talentvolle en pragtige Taye Brink van Boksburg het onlangs die musiekvideo vir haar tweede …

Christia Visser los Die Deur oop met haar nuwe enkelsnit

Christia Visser het haarself werklik gevestig as ‘n nuwe vroulike sanger in die Afrikaanse musiekbedryf …